Inventing Anna
| Inventing Anna | |
| Genre | Misdaaddrama |
|---|---|
| Geskep deur | Shonda Rhimes, gebaseer op "How Anna Delvey Tricked New York's Party People" deur Jessica Pressler |
| Met |
|
| Oorsprong | VSA |
| Taal | Engels |
| Aantal episodes | 9 |
| Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
| Vervaardiger(s) |
|
| Kinematografie |
|
| Produksiemaatskappy | Shondaland |
| Uitsending | |
| Oorspronklike kanaal | Netflix |
| Oorspronklike lopie | 11 Februarie 2022 |
Inventing Anna is 'n Amerikaanse misdaaddramaminireeks vir televisie wat deur Shonda Rhimes geskryf en geskoei is op die verhaal van Anna Sorokin en die artikel in die tydskrif New York met die titel "How Anna Delvey Tricked New York's Party People"[1] deur Jessica Pressler.
Die minireeks is deur Shondaland vervaardig en Netflix het dit op 11 Februarie 2022 uitgereik.[2] Die naamrol word deur Julia Garner vertolk. Resensente het die toneelspel geprys (veral Garner s'n), maar die inkonsekwente toon gekritiseer.
Storielyn
[wysig | wysig bron]Onder die vals naam Anna Delvey infiltreer die Russies gebore Anna Sorokin New York se ryk gemeenskap deur hulle daarvan te oortuig dat sy 'n Duitse sosiale vlinder en die erfgenaam van 'n groot fortuin is terwyl sy hulle uit mijoene dollars swendel.
Hoofakteurs
[wysig | wysig bron]- Anna Chlumsky as Vivian Kent[3]
- Julia Garner as Anna Sorokin/Delvey
- Arian Moayed as haar advokaat, Todd Spodek[3]
- Katie Lowes as haar vriendin Rachel Williams[3]
- Alexis Floyd as Neff Davis[3]
- Anders Holm as Jack
- Anna Deavere Smith as Maud
- Jeff Perry as Lou
- Terry Kinney as Barry
- Laverne Cox as Kacy Duke[3]
- Saamer Usmani as Chase Sikorski
Ontvangs
[wysig | wysig bron]Volgens Samba TV het 1,6 miljoen Amerikaanse huishoudings die reeks in die eerste vier dae van stroming gekyk.[4] Dit is een van Netflix se mees gekykte Engelse TV-reekse van alle tye, met 511,92 miljoen uur kyktyd in die eerste 28 dae ná sy uitreiking.[5]
Op Rotten Tomatoes het die reeks 'n goedkeuringsyfer van 64%, gebaseer op 87 resensies, met 'n gemiddelde punt van 6,2/10. Die webtuiste noem dit "sappige vermaak".[6] Op Metacritic het die reeks 'n punt van 57 uit 100, gebaseer op 34 resensies, wat dui op 'n "gemengde of middelmatige" ontvangs.[7]
Saloni Gajjar van The A.V. Club gee dit 'n B- en sê die reeks verg geduld wat nie bevredig word nie.[8] In Rolling Stone gee Alan Sepinwall dit 2/5 en beskryf dit as 'n uitermate lang gesukkel wat nooit heeltemal seker is wat dit oor sy titelkarakter wil sê of hoe om dit te sê nie."[9]
Mike Hale van die New York Times het sommige elemente geprys en ander gekritiseer. Hy vergelyk die opwindende aard van die artikel met die stadiger pas van die reeks: "Pressler se artikel was soos 'n resiesmotor; Inventing Anna is 'n lang pad onder 'n GPS. Die opwinding is weg."[10]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Pressler, Jessica (Mei 2018). "Maybe She Had So Much Money She Just Lost Track of It". thecut.com. New York Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2022.
- ↑ Andreeva, Nellie; Petski, Denise (20 Julie 2018). "Shondaland Unveils Netflix Series Slate: 'The Warmth Of Other Suns', White House Drama 'The Residence', Ellen Pao Project, More". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2020.
- 1 2 3 4 5 Wang, Lydia (11 Februarie 2022). "A Guide to All the Scammers and Scammees of 'Inventing Anna'". Netflix. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2022.
- ↑ "Based on true crime series Inventing Anna & The Dropout score big for Netflix & Hulu". JoBlo (in American English). 10 Maart 2022. Besoek op 11 Julie 2022.
- ↑ Moore, Kasey (15 Maart 2023). "Most Watched Series & Movies on Netflix of All Time (Hours Watched)". What's on Netflix (in Engels). Besoek op 15 Maart 2023.
- ↑ "Inventing Anna: Season 1". Rotten Tomatoes. Fandango Media. Besoek op 28 Januarie 2023.
- ↑ "Inventing Anna: Seisoen 1". Metacritic. Besoek op 5 Junie 2022.
- ↑ Gajjar, Saloni (9 Februarie 2022). "Netflix's Inventing Anna loses its exciting potential in a dawdling script". The A.V. Club. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2022.
- ↑ Sepinwall, Alan (9 Februarie 2022). "'Inventing Anna' Can't Catch the Scammer at Its Center". Rolling Stone. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2022.
- ↑ Hale, Mike (10 Februarie 2022). "'Inventing Anna' Review: The SoHo Scammer, Explained at Length". The New York Times (in American English). ISSN 0362-4331. Besoek op 8 Augustus 2022.
Skakels
[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.