Gaan na inhoud

Wikipedia:Geselshoekie

Nuwe onderwerp
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jongste opmerking: 18 uur gelede deur Pynappel in onderwerp Voorstel: 'n Konsep-naamruimte (ns 118)
'n Versoek aan al die admins: help ons asseblief om vandalisme uit te roei!

Sien ook:

Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
2004+05+06 2007+08+09 2010+11
2012 2013+14+15 2016
2017 2018 2019
2020 2021+22+23 2024
2025 2026
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Jy het jou huiswerk gedoen...

[wysig bron]

...as die Engelse Wikipedia sê dat van hulle artikels met 'n Afrikaanse (of Duitse artikel) uitgebrei kan word. Ek het onlangs twee voorbeelde rakende my sportartikels gesien:

Myns insiens is dit baie interessant dat die Afrikaanse en Duitse Wikipedia in beide krieket en rugby (hoegenaamd dié Engelse sportsoorte) deels beter artikels het as die Engelse Wikipedia. My doel was nog altyd om met artikels oor nasionale spanne en wêreldbekertoernooie die Engelse artikel te klop, nou word in die een of ander amptelik daarna verwys dat dit wel die geval is. Volgens my beskeie mening is dit die geval by die meeste artikels oor nasionale spanne, en hulle het in Afrikaans en Duits altyd dieselfde inhoud. Terloops, die Swahili-Wikipedia (Swahili is 'n ampstaal in Kenia, Rwanda, Tanzanië en Uganda) het nie een artikel oor nasionale krieket- of rugbyspanne nie. Tydens laasjaar se Wikimania in Nairobi wou ek 'n projek van stapel stuur om hulle ook te betrek, maar my versoek het nie geslaag nie (ek was nie daar nie). Hulle het wel artikels soos sw:Steve Tikolo waar ek met 'n inligtingskas kon help, maar hulle het nie iets soos sw:Timu ya kriketi ya Kenya (Keniaanse nasionale krieketspan) nie. Gemeenskap, dit is wat van my sportartikels vir die Afrikaanse Wikipedia (en Duitse ook) kan bied en myns insiens is dit een van baie moontlikhede om Afrikaans volstoom te ondersteun: met kwaliteit bo kwantiteit. Daarmee kan ons veral lesers lok, dink ek. Groete. --  SpesBona 20:45, 13 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

In die kol. Weens die druk op Afrikaanse onderwys-instellings moet daar aanlyn-aktiwiteit oor 'n alternatiewe en breë front wees. Die wiki-artikels oor gewilde onderwerpe plaas terminologie in die volksmond, en is beleggings in die taaltoekoms. 'n Leserspubliek wat meer lees, meer krities lees en meer in feite belangstel sal wel ook help. JMK (kontak) 21:09, 18 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

Maria

[wysig bron]

Kan iemand asb. vir my die artikel "Maria Boleyn" skep sodat ek kan sien of ek dit op hierdie gemors van 'n app kan doen - die app waarop ek glo geblokkeer is? Hoe is dit moontlik? - Burgert ~2026-40485-20 (talk) 04:46, 20 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

@Rooiratel:, enige raad hier? Groete! Oesjaar (kontak) 06:07, 20 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Bedoel jy die Selfoon app? Dit werk net so 'n klein bietjie vir my, soms... maar ek vermy dit soos die pes vir bydraes. Thermofan (kontak) 08:38, 20 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Ek het nog nie die app gebruik nie. As mens jou gewone gebruikersnaam en wagwoord gebruik on aan te meld, dan sien ek nie hoekom jy op die app geblokkeer sal wees, maar nie op die webwerf nie. As die app 'n probleem is, gebruik net die webwerf. - Rooiratel (kontak) 14:48, 1 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Wikipedia:Bladsyverwydering

[wysig bron]

Admins, daar is 'n bietjie werk. Groete! Oesjaar (kontak) 05:55, 21 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

met Jimmy Wales

Wikimania 2026

[wysig bron]

As ‘n ontvanger van ‘n beurs van Wikimedia ZA, is ek in Parys om Wikimania 2026 in Parys by te woon. My eerste Wikimania. Vandag was die voorkonferensie vir gebruikers met spesiale regte wat inderdaad weereens die omvang van aktiwiteite binne Wikimedia onder aandag bring. Mens kan uiteraard ook aanlyn verskeie van die sessies van more bywoon deur te registreer op die Wikimania 2026 blad. Die weeklikse radio inset by Overvaal Stereo is ook vandag van die byeenkoms gedoen. ‘n Volledige verslag van Wikimedia 2026 sal na afloop van die konferensie gedoen word. Sobaka (kontak) 19:48, 21 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

Ek is ook hier. Uiteindelik Sobaka ontmoet. Dumbassman (kontak) 15:26, 22 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Lekker julle manne, geniet dit terdeë!  Aliwal2012 18:02, 22 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Ja, dis goed om Dumbassman uiteindelik te ontmoet. Ek het ook twee Duitse gebruikers raakgeloop wat al artikels op die Afrikaanse Wikipedia geskep het. Die een wat oorspronklik van Suid-Afrika kom, het aangedui hy mag weer betrokke word. Ek het hom sterk aangemoedig. Sobaka (kontak) 20:34, 22 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

──────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────── Oesjaar, is jy nie weg Frankryk toe vir Wikimania 2026 nie?  Aliwal2012 06:50, 21 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

Nee ongelukkig nie. As pensioenaris met inkomste van R0.00 per maand kon ek nie die Schengen Visa bekostig nie, my bakkie het dringend instandhouding vereis. So werk dit maar. Groete. Oesjaar (kontak) 06:58, 21 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Jammer om te hoor, miskien kan jy nog virtueel aanbied? Sopas self ook R11750 vir my Mercedes se diens moes uithaal! Groete tuis,  Aliwal2012 07:54, 21 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Gebruiker:Discott bied namens my aan. Groete! Oesjaar (kontak) 08:02, 21 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
"Gebruiker Discott het 'n uitstekende 5 minute aanbieding "Rooting for Knowledge: Why we need a Wiki-Botanist Action Group Today aangebied oor die werk wat op die Afrikaanse Wikipedia gedoen word deur gebruiker Oesjaar en Prof van Wyk. Lyk of die vraag beantwoord gaan word, aangesien dit aanleiding gegee het tot die begin van werk om 'n Wiki Biodiversiteit ontmoeting voor die opkomende Internasionale Botaniese Kongres in 2029 in Kaapstad aan te bied. Die Afrikaanse Wikipedia het 'n globale inpak. Puik werk Oesjaar en Prof van Wyk. Sobaka (kontak) 21:00, 25 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

RFC oor KI-gegenereerde inhoud in Commons (en ter plaatse)

[wysig bron]

Soos op 23 Junie hier genoem, is Commons nog besig om uit te werk wat hulle presies wil hê wat beelde betref wat deur KI geskep is. Hulle is veral versigtig vir beelde wat werklike mense uitbeeld, selfs as dié historiese figure is, waar etiese oorwegings (soos persoonsregte) effektief geen rol speel nie. Ook hou hulle nie daarvan in enige wetenskaplike aanwending nie. Sulke beelde noem hulle spekulatief, ensomeer, en wil nie valse inligting die wêreld instuur nie. Ook beskou sommige persone daar KI-beelde as opvoedkundig waardeloos, en byna enige menslike poging as baie beter. Ons het natuurlik talle artikels aangaande historiese figure waar die uitbeelding volkome spekulatief is, soos Plautus en baie ander, alhoewel dan nie KI nie. By die Commons-bespreking word gemeld:

"Groot getalle beelde wat nie die werklikheid weerspieël nie, word [op commons] opgelaai. Wanneer 'n minderwaardige KI-beeld in 'n artikel ingevoeg word, ontmoedig dit werklike fotograwe en grafiese kunstenaars om beelde te skep, omdat hulle meer geneig is om 'n beeld te skep vir 'n artikel wat geen illustrasie het nie. Hierdie opdatering vereis dat sommige KI-inhoud as sodanig in-beeld gemerk word. Hierdie opdatering redaksioneer andersins nié projekte buite Commons nie. Commons het geen voorneme om ander projekte te redaksioneer nie, ons wil net verseker dat óns nie bydra tot die waninligting van die publiek nie."

Die kwessie dus: af.wiki moet nog besluit wat ons plaaslike beleid is, want wikimedia gaan nie aan ons voorskryf nie.

a) Word oplaai van KI-beelde hier op af.wiki toegelaat, benewens waar dit KI-konsepte self illustreer?
b) Word dit toegelaat waar dit werklike mense illustreer? Hier dink mens bv. aan gevalle waar ons 'n vae foto of illustrasie het, wat deur KI in 'n meer realistiese of gekleurde portret (maar met onafwendbare spekulatiewe elemente) omskep kan word.
c) Word KI-beelde enigsins in artikels toegelaat?

Op en.wiki word dit oorwegend nie toegelaat nie. Ons moet ook in ag neem, dat selfs indien dit nie in ons artikels toegelaat word nie, dit steeds vir die publiek en private webwerwe nuttig mag wees. JMK (kontak) 10:31, 22 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

Ek verstaan... Groete! Oesjaar (kontak) 10:35, 22 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Vandag ‘n Wikimania 2026 paneelbespreking oor KI binne die Wiki-omgewing bygewoon. Beide die potensiële bedreigings en moontlike voordele daarvan, is deur die paneellede geopper. Selfs oor die idee van ‘n aanvanklike sentrale beleid daaroor of gedesentraliseerde benadering, was daar nie eenstemmigheid nie. Aangesien daar konsensus was dat dit ‘n realiteit is wat hanteer sal moet word, gaan gesprekvoering voort en hopelik gaan meer duidelike riglyne in dié verband ontwikkel word.
Ek gaan poog om ‘n oog op die verwikkelinge te hou en wat ons in die interim selfs in die Afrikaanse Wikipedia kan begin bespreek. Meer as een paneellid het daarop gewys dat selfs in van die groot Wikipedia’s daar nog nie voldoende kennis is oor wat werklik die implikasies van KI is nie. Jimmy Wales het ook indirek daarna verwys in sy openingstoespraak. Wikipedia se rol in die era van groot taalmodelle kan self nog belangriker word, in sy toespraak ‘n optimistiese toon oor die toekoms van Wikipedia en sê dat die dood van Wikipedia al van die begin af voorspel is, dit nog steeds van krag tot krag sal gaan. Sobaka (kontak) 20:21, 22 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

Gebruiker:Elmarie Waltman

[wysig bron]

Gemeenskap, dit is vir my 'n plesier om julle voor te stel aan Elmarie. Sy het ingestem om ons te help met Admin werk, meer hieroor later. Sy gaan ook deel van die Radiospan wees. Welkom hier by ons Elmarie. Onthou, hierdie klomp ou toppies hier betrokke se blaf is erger as hulle byt! Oesjaar (kontak) 08:46, 24 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

Hoe lekker lag ek nou! Dankie Deon, hoop om die Wikipedia naam op al die platforms hoog te hou. Elmarie Waltman (kontak) 09:02, 24 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Baie welkom Elmarie, ons hoop jy geniet jou tyd hier terdeë! Sien uit na jou bydrae. Groete,  Aliwal2012 09:48, 24 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Welkom Elmarie, geniet dit! Sobaka (kontak) 10:36, 25 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Baie welkom hier @Elmarie Waltman - Rooiratel (kontak) 16:38, 1 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Versoek om kommentaar oor die toekoms van Abstrakte Wikipedia

[wysig bron]

Julle word uitgenooi om jul mening te lug in 'n versoek om kommentaar oor die toekoms van Abstrakte Wikipedia. Baie dankie! Kowal2701 (talk) 12:24, 24 Julie 2026 (UTC) Beantwoord

Kan iemand vir my sê wat Abstrakte Wikipedia is? Of word ek nou te oud? Groete! Oesjaar (kontak) 12:34, 24 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Weet ook nie, maar volgens google: Abstrakte Wikipedia is 'n Wikimedia-projek wat Wikifunksies en Wikidata gebruik om 'n taalonafhanklike weergawe van Wikipedia te skep. Dit het ten doel om inhoud in enige natuurlike taal te genereer om artikels oor kleiner taaluitgawes uit te brei.
Die kernkomponente is
  • Wikidata wat die gestruktureerde kerndata- en kennisbasis verskaf en
  • Wikifunksies wat kode en funksies verskaf om abstrakte data in mensleesbare sinne te omskep.
Die taalonafhanklikheid laat gebruikers toe om artikellogika te skep en te onderhou sonder om dit aan 'n enkele gesproke taal te koppel.
Die projekdoelwitte is
  • taalgelykheid, aangesien kleiner taalwiki's bygestaan word om hul artikeltellings vinnig te laat groei, en
  • globale reikwydte aangesien mense bemagtig word om kennis in hul moedertaal te lees en mee te deel.
JMK (kontak) 14:00, 24 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

Inligtingskas Vliegtuigenjins

[wysig bron]

Gemeenskap, kan enige van die slimmer jongmanne asb. vir ons Infobox aero engine vertaal? Ook, het ons die ekwivalent van Infobox sportsperson? Ek word graag bederf... Groete! Oesjaar (kontak) 16:36, 28 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

@Pynappel:, met al jou nuwe energie, kan jy dalk hier help asb? Groete! Oesjaar (kontak) 19:53, 23 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar ek het beide nou geskep. Dit is gewoonlik baie maklik om 'n sjabloon van die Engelse Wikipedia oor te dra:
1. Kopieer die bronteks en stoor dit
2. Gebruik die "Wys voorskou"-funksie om al die ontbrekende sjablone en modules te identifiseer en bring hulle ook oor.
3. Herhaal stap 2 totdat al die skakels blou is
4. Vertaal teks wat sigbaar aan gebruikers is na Afrikaans, bv. die etikette in 'n inligtingskas, kategoriename, ens.
Die belangrikste ding om in gedagte te hou is watter bestaande sjablone en modules ekwivalent is met die Engelse Wikipedia s'n. Die Engelse en:Template:Infobox is vir historiese redes nie ekwivalent met ons {{Infobox}} nie. Jy sal dus gewoonlik oral waar {{Infobox}} in 'n nuwe sjabloon geroep word, moet verander na {{Inligtingskas4}}, wat op sigself die module Module:Infobox roep, wat dit moontlik maak om maklik nuwe inligtingskaste op die Afrikaanse Wikipedia te skep deur sjablone vanaf die Engelse Wikipedia te kopieer. Ons kan later daarna kyk om die teenstrydigheid tussen {{Infobox}} en {{Inligtingskas4}} op te klaar, maar ek vermoed dit gaan 'n groter taak wees. – 🍍 Pynappel (kontak) 20:09, 23 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar as jy vashaak kan jy maar vir my of @Rooiratel ping. Ek is nou hier, maar gaan weens ander verpligtinge weer van môre af skaars wees. Ek sal so nou-en-dan inloer om te kyk of ek ge-ping is. As ek iets gebreek het, gebruik maar daai rol-terug-knoppie. – 🍍 Pynappel (kontak) 20:10, 23 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Dankie. Hierdie ou oom gaan sy bes probeer! Groete! Oesjaar (kontak) 20:11, 23 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Help met kassie, asb.

[wysig bron]

Kan iemand my asb. help om {{Inligtingskas Planeet}} reg te maak? Ek het net "symbol" ondertoe geskuif, en nou gee hy snaakse goed by elke planeetkassie. Dankie! ~ Burgert (kontak) 23:32, 30 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

Sien die tweede reël in Makemake. ~ Burgert (kontak) 23:35, 30 Julie 2026 (UTC)Beantwoord
Dankie vir niks. Ek het sommer net "symbol" uitgehaal, en nou is die sjabloon reg. ~ Burgert (kontak) 12:55, 31 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

Taaldinge op RSG: 2 Aug. 2026

[wysig bron]

Gemeenskap, neem kennis dat ek nou Sondag om 10:00 weer op Taaldinge met Ina Strydom gesels. Ek gaan verwys na twee dinge wat redelik onbekend is: die Digitalisering van Vakkundige Woordeboeke, prof. Gerhard van Huyssteen en prof. Martin Puttkammer van NWU help ons daarmee. Ek sal dit eers werklik bemark as die eerste produk gelewer word; ons gaan dit definitief ook op Wikiwoordeboek laai. Tweedens verwys ek na Projek VOS (Vingers op sleutelbord). Die gedagte is dat daar op een dag volgende jaar bv. 'n Saterdag 'n klomp mense in verskeie lokale in stede en dorpe bymekaar kom en ons via TV/dataskakels hulle lei en aan die gang kry. Waar ons kan moet ons van ons gebruikers in persoon daar hê wat as fasiliteerders sal optree. Ja, dit gaan geld kos, ek het juis met van die Afrikaanse organisasies agter die skerms begin gesels... Groete! Oesjaar (kontak) 19:42, 31 Julie 2026 (UTC)Beantwoord

Klink goed! ~2026-42919-45 14:49, 2 Augustus 2026 (Wie is hierdie skim?)
Ook ingeskakel op RSG, dankie Oesjaar! -- Aliwal2012 05:46, 3 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Volgens my rekords was dit die 100ste uitsending in ons klankargief. Baie Geluk! Dit beteken daar was seker al baie meer as 200 uitsendings aangesien ons nie klankgrepe van al die uitsendings kry nie. Sobaka (kontak) 18:05, 5 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Besoeke vir Julie

[wysig bron]

Gemeenskap, die besoeke vir Julie is 3,2 miljoen! Oesjaar (kontak) 05:56, 1 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Die kontakbladsy

[wysig bron]

Hallo almal. Daar was besprekings 'n tyd gelede oor ons kontakbladsy. Die een hier: Wikipedia:Kontak

En spesifiek oor die e-posadresse op daardie bladsy. Wie beheer dit? Lees enigiemand die e-pos ens.?

Ek het 'n bietjie ondersoek ingestel en die meeste van die antwoorde wat ons nodig gehad het gekry.

In opsomming word daai e-posadresse beheer deur spesiale sagteware wat Wikimedia gebruik. En Wikipedia gebruikers moet aansoek doen om lede te word van 'n spesiale span wat toegang kry tot die sagteware.

Ek gaan aansoek doen (in 'n dag of twee) vir myself, @Oesjaar en @Elmarie Waltman om deel te wees van die span. Ek gaan net tydelik deel wees om uit te werk hoe alles werk, en dit te dokumenteer.

As julle meer wil weet, of self by die span wil aansluit, lees dan die bladsye wat ek onlangs geskep/vertaal het:

Hulp:Kontakbladsy en Wikipedia:Vrywillige Reaksiespan.

Die bladsye is nie volledig nie, en hulp word waardeer. Ek verbeter dit soos ek meer leer/tyd kry. - Rooiratel (kontak) 16:48, 1 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Dankie Rooiratel, ek sien nou die nuutste boodskappe is heel onder aan die bladsy. Sal dit beslis nou meer gereeld lees en opvolg. ~2026-42919-45 (talk) 14:47, 2 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar ek het nou aansoek gedoen. Sien hier : https://meta.wikimedia.org/wiki/Volunteer_Response_Team/Volunteering#Rooiratel_&_Oesjaar_&_Elmarie_Waltman - Rooiratel (kontak) 20:49, 30 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

130 000 artikel mylpaal!

[wysig bron]

Gemeenskap: daar is ons verby die 130 000 artikel mylpaal! Dankie aan almal wat bydraes gemaak het die afgelope tyd! 'n Ware spanpoging! Nou het ons iets om te bemark! Groete! Oesjaar (kontak) 20:57, 1 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Fantasties! Elmarie Waltman (kontak) 14:11, 5 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Kopiereg op foto's

[wysig bron]

Ek wil net seker maak dat ek die SA-kopiereg op foto's verstaan, want ons benodig by etlike persone foto's wat algemeen op die internet beskikbaar is. Google stel dit so:

In Suid-Afrika verval kopiereg op foto's 50 jaar vanaf die jaareinde waarin die foto aan die publiek beskikbaar gestel is, vir die eerste keer gepubliseer is, of geskep is indien dit ongepubliseer is.
Volgens die SA Regering se Kopieregwet hang die presiese vervaltyd af van spesifieke vrystellingsmylpale:
  • Gepubliseer of Openbaargemaak: "vyftig jaar na die jaareinde van die jaar waarin die werk wettiglik aan die publiek beskikbaar gestel of vir die eerste keer gepubliseer word, watter termyn ook al die langer is", soos deur Lexology opgemerk.
  • Ongepubliseer: Indien die foto nie binne 50 jaar na die skepping daarvan gepubliseer of aan die publiek vertoon word nie, verval kopiereg "vyftig jaar na die jaareinde van die jaar waarin die werk gemaak is", volgens Lexology.

Ander webblaaie soos blyk dit te bevestig. Mag ons dus Suid-Afrikaanse promosiefoto's van pre-31 Desember 1975 hier oplaai en gebruik? JMK (kontak) 10:56, 3 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

@JMK:, ek het gekyk wie van my vriende daar buite kan help... Nie hierdie keer nie. Groete! Oesjaar (kontak) 12:27, 3 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@JMK vir moderne fotos is dit is beter en makliker om die kopiereghouer van 'n foto (die een wat die foto geneem het) te vra om dit onder 'n gebruikbare lisensie (vir wiki Commons) vry te stel (soos CC-BY-SA, of CC0) as om vir 50 jaar te wag.
Vir ouer fotos, moet ons maar wag as ons nie die fotograaf kan kontak en vra om dit met 'n vrye lisensie vrystel nie. So ja, enige foto meer as 50 jaar na die publikasiedatum kan ons hier gebruik. - Rooiratel (kontak) 12:36, 4 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Sintaksfoute soos op 1 Augustus

[wysig bron]

Gemeenskap: Sintaksfoute Groete! Oesjaar (kontak) 17:55, 4 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Ons Bakkiesblad...

[wysig bron]

Gemeenskap, sien die positiewe terugvoer hier... Bakkiesblad Lekker Gebruiker:Sobaka! Groete! Oesjaar (kontak) 20:06, 6 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Baccalaureus Artium

[wysig bron]

Gemeenskap, moet die woord "artium" nie met 'n hoofletter geskryf word nie soos bv. Baccalaureus Pharmaciae? Groete! Oesjaar (kontak) 11:59, 11 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Volgens die WAT wel. – 🍍 Pynappel (kontak) 12:11, 11 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Pynappel:, dan neem ek aan Magister artium moet ook verander word? Groete! Oesjaar (kontak) 12:29, 11 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Ja, ook volgens die WAT. Het nie nou tyd om dit self te doen nie - sal waardeer indien iemand anders kan. – 🍍 Pynappel (kontak) 12:32, 11 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Wat is die konteks van die bespreking? My BSc-sertifikaat van die Universiteit van Natal in 1969 was alles in Latyn en verklaar dat die "Gradum Scientiae Baccalaurei" aan my toegeken is. Watter tale is vir die Baccalaureus Pharamaciae sertifikaat gebruik? Latyn? Afrikaans? Engels? Engels en Afrikaans? Kan 'n mens net sommer "BA graad" of "BSc graad" of "MA graad" skryf? Martinvl (kontak) 14:59, 13 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Volgens die WAT is MA (sonder punte) die afkorting vir mega-ampère en BA die landkode vir Birma of die motorkenteken vir Maseru, Basoetoland. B.A. is die afkorting vir Baccalaureus Artium en al die voorbeeldsinne gebruik die afkorting (met punte). So-ook is M.A. (met punte) die afkorting vir Magister Artium en al die voorbeeldsinne gebruik M.A. – 🍍 Pynappel (kontak) 09:05, 14 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Dit moet dalk ook genoem word dat die hoofinskrywings in die WAT onder B.A. en M.A. is. Daar is geen inskrywings vir Baccalaureus Artium en Magister Artium nie. Laat ek 'n bietjie later in ander woordeboeke kyk. – 🍍 Pynappel (kontak) 09:09, 14 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Die WAT, AWS 9 en AWS 11 gee almal Baccalaureus Artium en Magister Artium slegs met aanvangshoofletters. Die WAT en AWS 9 gee die afkortings B.A. en M.A. met punte en AWS 9 en AWS 11 gee die afkortings BA en MA sonder punte. Let op dat AWS 11 nie die afkortings met punte gee nie. Interessant genoeg gee die WAT slegs Baccalaureus met 'n aanvangshoofletter, maar baccalaureaat met 'n aanvangskleinletter. AWS 9 en 11 gee beide slegs baccalaureus met 'n aanvangskleinletter. – 🍍 Pynappel (kontak) 19:00, 15 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Pynappel:, ek het alle plekke waar BA en MA voorkom na die punt weergawes verander. Groete! Oesjaar (kontak) 11:21, 18 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Baie dankie vir jou moeite, @Oesjaar. Volgens Wikipedia:Titelriglyne geniet die AWS egter voorkeur.
Hou by Afrikaanse spelling soos voorgeskryf in die Afrikaanse woordelys en spelreëls. HAT, WAT en Pharos se Afrikaans-English/Engels-Afrikaanse woordeboeke word ook as gesaghebbend beskou. Waar die bronne verskil word voorkeur gegee in die volgorde wat die bronne hier gelys is.
Moet ek 'n robot gebruik om die punte by al die afkortings van grade te verwyder? – 🍍 Pynappel (kontak) 21:54, 18 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Pynappel , ja asb! Ten minste is almal nou dieselfde. Groete! Oesjaar (kontak) 06:26, 19 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

LitNet oor Wikipedia en terugvoer van Wikimania 2026

[wysig bron]

"Van mens tot masjien: Wikipedia en die voortbestaan van betroubare kennis", meningsartikel gebaseer op my Wikimania 2026 ervaring.

https://www.litnet.co.za/van-mens-tot-masjien-wikipedia-en-die-voortbestaan-van-betroubare-kennis/ Sobaka (kontak) 06:51, 13 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Terugvoer oor Wikimania 2026 is beskikbaar by die projekblad: Wikipedia:Afrikaanse Wikipedia by Wikimania 2026 Sobaka (kontak) 08:32, 15 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Geregistreerde gebruikers

[wysig bron]

Gemeenskap, ek sien ons Geregistreerde gebruikers is nou meer as 210,000! Groete! Oesjaar (kontak) 11:10, 13 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Dit is tans 210 455 volgens die Afrikaanse Wikipedia-artikel.  Aliwal2012 10:38, 18 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Inhoudsopgawe

[wysig bron]

Ons prente het skielik 'n inhoudsopgawe bo die prent. Enige rede daarvoor? Dis onnodig en neem ruimte op. JMK (kontak) 09:31, 14 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Iemand het bg. na 'n meer sinvolle posisie geskuif. Nou baie beter. JMK (kontak) 22:04, 20 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Wikipedia:Titelriglyne (geografiese name)

[wysig bron]

Ek het 'n nuwe beleidsbladsy vir titelriglyne vir geografiese name m.b.v. Claude geskep. Dit is gebaseer op die Engelse weergawe en:Wikipedia:Naming conventions (geographic names), maar aangepas vir die Afrikaanse Wikipedia. Dit lyk vir my sover soos 'n heel redelike vertrekpunt, maar gaan kyk gerus daarna en laat weet indien daar enige groot probleme is. Vir klein goed of voorgestelde veranderings, wysig die bladsy sommer direk. Indien daar 'n meningsverskil oor enigiets ontstaan, kan ons dit op die besprekingsbladsy daar bespreek. Nadat daar 'n konsensus ontstaan het, kan ons {{beleid}} bo-aan voeg. – 🍍 Pynappel (kontak) 22:32, 18 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Die "prompt" (por?) wat ek gebruik het, is: Vertaal hierdie Wikipedia-konvensie na Afrikaans en pas dit aan vir die Afrikaanse Wikipedia:. – 🍍 Pynappel (kontak) 22:33, 18 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Kunsmatige intelligensie en Wikipedia

[wysig bron]

Ek deel hiermee ‘n e-pos van Gebruiker Eugene Egbe (Franse Wikipedia) wat op die Wikimedia netwerke versend is vir diegene wat geïnteresseer is in kunsmatige intelligensie en die impak daarvan.

“Geagte Gemeenskapsleiers/lede,
Tydens Wikimania in Parys het ek die kans gehad om met 'n paar gemeenskapslede te gesels wat hul kommer uitgespreek het en die behoefte aan 'n bespreking oor die gebruik van KI-platforms in ons gemeenskap en daaglikse werk. Hierdie besprekings vind al in ander gemeenskappe plaas, daarom dink ons dit sal goed wees om 'n oorsig van ons gemeenskap en die impak wat KI veroorsaak, te hê.
Vir hierdie doel doen ons 'n kort opname om te verstaan hoe gemeenskappe soos joune dink oor en KI gebruik, en ons sal graag jou hulp wil hê om dit voor  jou lede te kry tydens byeenkomste of
*'n Paar dinge wat ons hoop jy kan doen:*
1. Deel die opname met jou gemeenskapslede — dit neem ongeveer 5 minute
om te voltooi. Hier is die skakel: *Opnameskakel*<https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSeBkEfLmmmpCyKjWv-zMrFEfa55w1x0vWvi7JTP-2LGNhF5EQ/viewform?usp=header>
 2. Sluit aan by 'n kort oproep (of stuur 'n verteenwoordiger) om jou gemeenskap se perspektief op KI direk te deel. Ons beoog om dit tot [30–45] minute te hou en beplan dit vir iewers in *middel-September*.
As 'n oproep vir jou werk, antwoord net met 'n paar tye wat jou pas (of wys ons na wie ook al in jou span die regte persoon sou wees), en ons sal iets op die kalender kry.
Baie dankie dat jy dit oorweeg het. Jou persoonlike en gemeenskap se insette sal werklik vorm wat ons in hierdie studie leer.”

Deel gerus enige voorlopige opmerkings of belangstelling oor bogenoemde hier. Die vraelys bo is baie generies en nie spesifiek op Wikipedia gerig nie maar gee ‘n opsie om jou e-pos adres te deel om in verdere gesprekke deel te neem. Dit is seker een van vele inisiatiewe wat oor hierdie onderwerp sal volg. Groete Sobaka (kontak) 15:28, 20 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Ek het 'n probleem raakgeloop. Vir een opsie wat ek nee geantwoord het, wil hy nie aanvaar nie. Jammer. Oesjaar (kontak) 16:19, 20 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

As ons nou hier oor die gebruik van KI op Wikipedia gesels: Ek sien nou 'n klomp artikels wat met KI uit Engels vertaal word. Een van die Wikipedia-beleid is dat mense artikels volgens bronne self skryf. Jy lees die bron en brei daarvolgens die artikel uit. Wikipedia is 'n ensiklopedie en dit noem ons ensiklopediese werk. As 'n KI 'n artikel vertaal, is dit hoogs onwaarskynlik dat die bronne volgens ensiklopediese waardes geraadpleeg is. Ook op die Engelse Wikipedia kan daar foute in enige artikel wees wat jy self moet uitsorteer volgens die bronne wat gelys is. Byvoorbeeld is die gebruik van KI vir artikelwerk op die Duitse Wikipedia ontoelaatbaar. Sodra jy een artikel met hulp van KI uitbrei, was dit jou laaste aksie daar. Die Nederlandse Wikipedia wil dit ook nie hê nie, dieselfde op die Engelse Wikipedia. Ander neem weke om een artikel tot op meer as 30 000 of 40 000 uit te brei omdat die bronne geraadpleeg word, maar nou sien ek 'n klomp uitgebreide artikels binne een dag, ook sensitiewe onderwerpe soos Mekka, Jerusalem, ens. Gemeenskap, wat is julle mening daaroor? Groete. --  SpesBona 20:47, 23 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Die onbesonne gebruik van KI is 'n ernstige probleem. My antwoord op die vraag wat my meeste bekommer was:
> Bad results; inaccurate information; perpetuation/reflection of popular human bias, AI fabrication/ hallucination; AI agents wilfully steering people towards a synthesised opinion. People losing independent abilities and the ability to think logically.
Masjiengeskrewe teks het nie lekker idiomatiese taalgebruik nie, maar as mens dit met versigtigheid benader, is dit 'n handige hulpmiddel. Ek het al 'n dosyn artikels met die hulp van masjienvertaling opgestel en niemand het nog werklik gekla oor my taal nie. Ons moet oppas om die baba met die badwater uit te gooi.
Mense kan snert skryf sonder KI, hoewel KI dit moontlik maak om groot volumes snert te skryf wat baie moeilik raak om te identifiseer en taalkundig reg te trek na die tyd.
Wie van ons kyk nog na die lyste Artikels wat geproeflees moet word en Gaan taal na?
Thermofan (kontak) 11:44, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@SpesBona dit is 'n gebruik van die begin van hierdie taalweergawe van Wikipedia om artikels uit ander taalweergawes te vertaal. – 🍍 Pynappel (kontak) 11:51, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Die grootste gevaar met die gebruik van KI op Wikipedia lê waarskynlik nie in die tegnologie self nie, maar in onbeheerde en ongekontroleerde gebruik daarvan. KI kan feite verkeerd weergee, bestaande foute uit ander taalweergawes versterk en, besonder ernstig vir ’n ensiklopedie, bronne hallusineer of selfs geloofwaardige maar geheel en al fiktiewe verwysings skep. Dit sou egter na my mening uiters kortsigtig wees om KI daarom volledig op die Afrikaanse Wikipedia te verbied. Ons werk met ’n betreklik klein aktiewe gebruikersbasis en ’n enorme hoeveelheid kennis wat nog in Afrikaans ontsluit moet word; verantwoordelike KI-gebruik kan vertaling, taalversorging, opsomming en die aanvanklike verwerking van bronne aansienlik vergemaklik. Die kernbeginsel behoort eerder te wees dat die menslike redigeerder verantwoordelik bly vir die finale inhoud: feite en verwysings moet teen die oorspronklike bronne nagegaan word, KI-gegenereerde bronne mag nooit sonder verifikasie aanvaar word nie, en sensitiewe of omstrede onderwerpe behoort aan strenger kontrole onderwerp te word. Wat ons dus nodig het, is nie ’n algehele verbod nie, maar ’n stel duidelike "beginsels vir die verantwoordelike gebruik van KI" wat Wikipedia se bestaande vereistes van verifieerbaarheid, neutraliteit en betroubare brongebruik versterk. Sobaka (kontak) 14:51, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Ons slim manne @SpesBona, Rooiratel, Pynappel, Sobaka, BurgertB, en Naudefj:, kom ons probeer die volgende: Pynappel sê hy gebruik tans Claude Code as vertaler. Neem die inhoud van kapasitor wat hy vertaal het en vertaal dit weer met Claude Code. Vergelyk met sy weergawe. Vertaal dit dan met sê drie ander taalmodelle, ek wil bitter graag sien wat dit ons gaan vertel. As kontrolemaatreël kan ons die eksperiment herhaal met 'n ander artikel wat Pynappel gedoen het. Julle het my nuuskierig gemaak... Groete! Oesjaar (kontak) 16:14, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Goeie idee @Oesjaar! Ek stem saam dat ons KI kan gebruik om vir foute te kontroleer. – 🍍 Pynappel (kontak) 16:17, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Ek het die bywerking aan die artikel Nasionalisme deurgegaan, aangesien dit ’n onderwerp is waarmee ek vertroud is. Die vertaling was oor die algemeen akkuraat; die enigste werklike fout wat ek kon opspoor en regstel, was ’n verkeerde skakel na ’n persoon met dieselfde naam.
Wat belangrik is, is dat Gebruiker:Pynappel ook sy porboodskap uiteengesit het by Gebruiker:Pynappel/monster. Dit toon duidelik hoe Claude die vertaling moet benader. Dit is belangrik vir deursigtigheid, omdat ander gebruikers kan sien watter instruksies aan die taalmodel gegee is en die vertaalstrategie daarvolgens kan beoordeel.
Ek het nie die hele nuwe vertaling deur ChatGPT laat vergelyk nie. Daar sal uiteraard stilistiese verskille tussen taalmodelle wees — en selfs binne dieselfde taalmodel kan uitsette met verloop van tyd verskil — en ’n volledige vergelyking sou ’n omvangryke taak wees. Ek het daarom ’n ietwat obskure paragraaf oor nasionaal-anargisme gekies om die vertalings van Claude en ChatGPT met mekaar te vergelyk.
Die opdrag aan ChatGPT was: “Vergelyk hierdie twee vertalings. Is daar enige fundamentele verskille of probleme? Uiteraard hoef die vertalings nie identies te wees nie, maar sou daar enige probleme wees met die laaste vertaling, dus dié van Claude?”
ChatGPT se antwoord was onder meer: “Daar is geen fundamentele inhoudelike probleem met die laaste vertaling wat jy aanhaal nie. Dit dra die kern van die Engelse teks redelik akkuraat oor en is selfs meer kompak en geskik vir ’n Wikipedia-artikel. Daar is egter ’n paar plekke waar ek dit sou aanpas, hoofsaaklik om betekenisnuanses, terminologie en neutraliteit te verbeter.”
Ek het na die voorstelle gekyk. Sommige daarvan het beslis meriete gehad, maar die meeste was eerder stilistiese verfynings as noodsaaklike regstellings. ChatGPT het afgesluit met: “Kortom: die vertaling is bruikbaar en bevat geen ernstige verdraaiing van die oorspronklike nie. Die twee terme wat ek beslis sou regstel, is ‘gemeenskaplike’ → ‘kommunitaristiese’ en ‘versoen’ → ‘kombineer’. Die res is hoofsaaklik stilistiese verfyning en die vraag hoeveel van die oorspronklike detail jy wil behou.”
Ek het dié twee veranderinge aangebring. Hulle was waarskynlik nie krities nie, maar ek stem saam dat die aangepaste terme in die betrokke konteks meer akkuraat is.
Op grond van hierdie beperkte evaluasie kan ek nie fout vind met Pynappel se benadering nie. Dit bly uiteraard wenslik dat gebruikers nuwe teks self deurgaan en nie bloot die uitset van ’n taalmodel ongekontroleerd aanvaar nie. Veral skakels, eiename, vakterminologie, betekenisnuanses en die verband tussen stellings en aangehaalde bronne behoort nagegaan te word.
Die risiko van hallusinasies is in hierdie soort taak waarskynlik laer as wanneer ’n taalmodel gevra word om nuwe inhoud uit eie kennis te skep, omdat dit hoofsaaklik ’n bestaande teks vertaal. Die risiko is egter nie nul nie. ’n Taalmodel kan steeds ’n naam verkeerd interpreteer, ’n skakel met die verkeerde persoon verbind, ’n betekenisnuanse verander, ’n term te vry vertaal, of selfs ’n stellingsverband subtiel verskuif. Die belangrike beginsel behoort dus nie te wees dat KI-vertalings sonder meer aanvaar of verwerp word nie, maar dat die uitset verifieerbaar moet wees en deur ’n gebruiker nagegaan word voordat dit as betroubare ensiklopediese teks beskou word.
Vir my is die nuttigste aspek van Pynappel se benadering juis die deursigtigheid daarvan: die bronmateriaal is bekend, die porboodskap is beskikbaar en die vertaalproses kan deur ander gebruikers nagegaan en herhaal word. Dit maak gemeenskapskontrole moontlik en bied ’n veel beter vertrekpunt vir verantwoordelike gebruik van KI as ’n proses waarvan die instruksies en werkswyse onbekend is. Sobaka (kontak) 20:39, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Die outeur wat inligting op Wikipedia plaas, is verplig om dit volgens die bronne wat verskaf is, te verifieer. Altyd. Dit is nie onderhandelbaar nie. Sien Wikipedia:Verifieerbaarheid en Wikipedia:Haal bronne aan. Dit is onmoontlik dat al hierdie artikels binne een dag self gelees en die inhoud volgens die bronne geverifieer is. Om somer so reuse Wikipediaartikels met KI te vertaal maak Wikipedia fakties die bron, en Wikipedia is nie 'n bron vir Wikipedia nie. Hoekom sit ander dan vir dae of self weke aan een artikel en vertaal dit stiptelik volgens die bronne wat aangegee is? Probeer maar een KI-artikel op die Duitse, Engelse of Nederlandse Wikipedia te plaas. Ek haal my bogenoemde aan, dit word op ander taalweergawes nie toegelaat nie. Wikipedia is 'n betroubare ensiklopedie en dit is ensiklopediese werk om die bronne te lees en daarvolgens die artikel te skryf. Artikels word slegs deur mense geskryf wat die bronne lees. Dit geld ook vir vertaalde artikels. Groete. --  SpesBona 20:41, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@SpesBona is jy seker dit geld ook vir vertaalde artikels? As 'n mens die inhoud van 'n ander taalweergawe vertaal en die aangehaalde bronne saam oorbring, dan aanvaar 'n mens dat die oorspronklike outeur die bronne nagegaan het. Ander Wikipedias het immers ook die vereistes van verifieerbaarheid en om betroubare bronne aan te haal. As daar van vertalers verwag word om elke bron na te gaan, dan sal ons wiki bitter stadig groei, en ons sal duisende artikels wat reeds geskep is en waarvan die bronne wat oorgebring is, nie weer nagegaan is nie, moet skrap. Indien dit ons beleid is, moet ons dit dalk hersien, want vertalers hier werk al jare so. Myns insiens is daar geen rede om so 'n beleid te hê nie. Ek stem saam met @Sobaka dat artikels nie geskep moet word met die afvoer van 'n KI wat gepor is om uit eie kennis of navorsing nuwe inhoud te skep nie. Ek kan nie sien hoe dit sin maak om die blote vertaling van teks wat reeds nagegaan is en met bronne gestaaf is, te verbied nie. Dalk moet ons dringend 'n beleid hier opstel sodat almal op dieselfde bladsy in verband met hierdie kwessie is. Terloops, Google Translate gebruik ook KI, en ek dink nie enigiemand gaan voorstel dat dit verbied moet word nie. Maar ek kan sien dat jy bekommerd is dat die nuwe volume van inhoud moeilik is om na te gaan. My voorstel daar sou wees om soos verder bo genoem en soos Sobaka reeds gedoen het, ook 'n KI te gebruik vir hierdie kontrole. Ek wil die 1 000 artikels in meta:List_of_articles_every_Wikipedia_should_have, waarvan baie op afwiki na 20 jaar van afwiki se bestaan steeds saadjies is of verouderd is of foute bevat of selfs masjienvertalings is, met behulp van KI verbeter en uitbrei. Maar ek sal dit vir eers stadig vat, aangesien daar nou 'n gesprek hieroor plaasvind en ek in elk geval ander dinge het om te doen. Intussen nooi ek jou uit om na die ca. 50 artikels op Gebruiker:Pynappel/monster wat reeds met behulp van KI uitgebrei is, te gaan kyk, en oorweeg of die nuwe weergawes na uitbreiding met KI beter is as die vorige weergawes, ten spyte van enige foute wat van die Engelse weergawe oorgedra is of self deur die KI begaan is. Intussen gaan ek voort met saadjies oor poskodes in Lesotho. Ek gebruik Pywikibot hiervoor, nie 'n KI nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 21:10, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Pynappel: myns insiens geld dit veral vir vertaalde artikels, omrede Wikipedia nie 'n bron vir Wikipedia is nie. Die outeurs aan die ander kant is mos ook mense en mense maak foute. Ek sien gereeld foute op die Engelse Wikipedia of inhoud wat nie deur die genoemde bron gestaaf word nie. Ek het egter nie die tyd om hulle foute te verbeter nie, ek is reeds besig met my eie foute. ;) Kyk nou wat ek sedert dae doen, ek verskaf nog bronne vir my ou voorbladartikels en al die bronne het ek geraadpleeg. As ek vashaak met Afrikaans gebruik ek ook Google Translate, maar oorwegend skryf ek die sin dan self omdat ek nie tevrede is met die vertaling nie. Myns insiens het dit in die afgelope jare verswak. Ek vermy rekenaarvertaalde inhoud soos die pes. Ek wil Afrikaanssprekendes nie kwaad maak met onverstaanbare artikels nie. Myns insiens is dit 'n klap in die gesig vir 'n moedertaalspreker as jy sy taal nie respekteer nie en swak inhoud lewer (hier verwys ek na al die "gaantaalna"-artikels).
Ek raak net bekommerd oor die grote en hoeveelheid van al die KI-artikels. Ander mense neem baie tyd vir die uitbreiding van een artikel. Sien my werk vandag, drie artikels waaraan ek my vrye tyd spandeer het, al die bygevoegde bronne het ek geraadpleeg. Ek kon staat maak op die Engelse Wikipedia, maar ek doen nie, ek lees die bron. As die bron nie hulle inhoud staaf nie, dra ek dit nie oor nie. Bv. bevolkingsgetalle. Ek wil hulle in 'n amptelike bron self sien, nie op die Engelse Wikipedia nie. Ek beskou dit as "blind" om volledig op die Engelse Wikipedia te vertrou en hulle goed oor te dra sonder om die bronne te raadpleeg. Wat my betref is dit nie ensiklopediese werk nie. Lees maar net die eerste sin op de:Wikipedia:Künstliche Intelligenz: Die Wikipedia ist ein Projekt mit von Menschen für Menschen recherchierten und geschriebenen Inhalten.
Google Translate: "Wikipedia is 'n projek met inhoud wat deur mense, vir mense, nagevors en geskryf is."
My vertaling: "Wikipedia is 'n projek met inhoud nagevors en geskryf deur mense vir mense." Groete. --  SpesBona 21:31, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Dit lyk my waar ons verskil is oor die vertalingsproses, en hoe daardie proses moet lyk en watter hulpbronne gebruik mag word en of bronne wat oorgebring word, nagegaan moet word. In my opinie word by vertaling Wikipedia nie as 'n bron gebruik nie, want die bronteks is op sigself op bronne gebaseer, en is deur 'n mens nagevors en geskryf. – 🍍 Pynappel (kontak) 21:44, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Pynappel: lyk my die Duitse Wikipedia is streng wat vertalings betref: de:Wikipedia:Übersetzungen#Wikipedia ist keine Quelle: Anderssprachige Artikel können daher zwar als Vorlage für das Erstellen eines deutschsprachigen Artikels dienen, jedoch sollte der Übersetzer selbst sicherstellen, dass sein Text durch reputable externe Quellen gedeckt ist. Das bedeutet, dass der Übersetzer alle übernommenen Inhalte auf Korrektheit prüfen sollte und auch die dafür verwendeten Quellen prüft, bevor er sie als Beleg (zum Beispiel als Einzelnachweise) angibt.
"Anderstalige artikels mag as 'n sjabloon vir die skepping van 'n nuwe Duitse artikel dien, maar die Vertaler moet self seker maak, dat sy teks deur betroubare eksterne bronne gestaaf word. Dit beteken, dat die vertaler al die oorgeplaaste inhoud vir korrektheid moet nagaan en ook die daarvoor geraadpleegde bronne nagaan, voordat hy hulle (bv. as 'n verwysing) aanhaal."
Sien, met ander woorde is die vertaler verplig om te sorg dat die teks wat hy plaas akkuraat is. Niemand anders is daarvoor verantwoordelik nie, al het 100 skrywers die oorspronklike artikel saamgestel. Jy plaas die teks, jy is verantwoordelik daarvoor. Groete. --  SpesBona 21:56, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Dit is inderdaad strenger as die de facto situasie tans hier en is iets waaroor ons dan nou voor die naderende KI-storm uitsluitsel sal moet kry. Soos reeds gesê, sal ek vir eers terwyl ons hierdie onderwerp bespreek nie nuwe artikels in my monster met KI uitbrei nie. Intussen gaan ek voort met my saadjies oor poskodes in Lesotho, waarvoor ons al 20 jaar wag en ek seker is almal baie opgewonde oor is. – 🍍 Pynappel (kontak) 22:00, 24 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Ek stem saam met SpesBona dat die volume van die onlangse plasings ’n geldige bekommernis is. My grootste voorbehoud geld egter oor meer tegniese artikels soos kapasitor en waarskynlikheidsleer, waar gespesialiseerde vakterminologie voorkom en ’n KI-vertaling maklik ’n Afrikaanse term kan kies wat taalkundig aanvaarbaar lyk, maar vakinhoudelik verkeerd of ongebruiklik is. Ongeag watter hulpmiddel vir vertaling gebruik word, behoort die hoeveelheid nuwe inhoud dus binne perke te bly wat realistiese menslike nasiening moontlik maak.

Ek dink Pynappel het terselfdertyd ’n belangrike punt beet dat ons moet onderskei tussen KI wat nuwe inhoud uit eie “kennis” genereer en KI wat gebruik word as hulpmiddel om bestaande, reeds verwysde Wikipedia-inhoud te vertaal of te verbeter. Die vraag oor hoe deeglik elke oorgebringde bron weer nagegaan moet word, is waarskynlik iets waaroor ons as gemeenskap uitdruklik uitsluitsel moet kry. Dit is duidelik dat daar tans verskillende praktyke en verwagtings bestaan.

Die menslike aard van die Wikimedia-projekte moet uiteraard beskerm word. Op langer termyn wil ons juis ’n moontlike dooie-internet help voorkom – ’n internet waarin KI-gegenereerde inhoud oorheers, masjiene toenemend ander masjiene as bronne gebruik en oorspronklike, naspeurbare menslike kennis geleidelik onder ’n vloed sintetiese inhoud verdwyn. Wikipedia se besondere waarde lê juis daarin dat mense verantwoordelikheid aanvaar vir wat hulle skryf, vertaal, verifieer en verbeter.

Dit beteken egter nie dat ons die moontlikhede wat KI bied, moet verwerp nie. Veral op ’n kleiner Wikipedia kan dit, indien dit verantwoordelik gebruik word, help om bestaande inhoud te verbeter, agterstande aan te spreek en ons kennisbasis uit te bou. Pynappel se inisiatief het in dié opsig ’n nuttige gesprek ontketen en die Afrikaanse Wikipedia nogal wakker geskud oor ’n vraag waarmee ons in elk geval toenemend gekonfronteer gaan word.

Ek is daarom besig om ’n konsep, “Beginsels vir die verantwoordelike gebruik van KI op die Afrikaanse Wikipedia”, op te stel. Ek sal dit binnekort plaas, nie as ’n finale beleid nie, maar as vertrekpunt vir gemeenskapsbespreking oor onder meer menslike verantwoordelikheid, bronverifiëring, vertaling, vakterminologie, deursigtigheid en die tempo waarteen KI-ondersteunde inhoud geplaas behoort te word. Sobaka (kontak) 08:53, 25 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Sien die verwante gesprek by Bespreking:Zimbabwiese nasionale rugbyspan. Ek stem wel saam dat, sou ons KI-ondersteunde bydraes vir 'n aantal spesifieke gebruike toelaat, die volume van bydraes te veel kan wees vir menslike bydraers om na te gaan. Daardie probleem kan dalk opgelos word deur 'n plafon op die aantal KI-ondersteunde wysigings per tipe bydrae (bv. skep van nuwe artikels of uitbreiding van bestaande artikels deur middel van vertaling) en gebruiker, asook 'n plafon op die totale aantal KI-ondersteunde bydraes vir die hele projek per maand of ander tydperk, saam met 'n kontrolelys van hierdie bydraes en of dit deur 'n mens nagegaan is. Hierdie kontrolelys kan bv. 'n kategorie wees wat deur 'n sjabloon op die bladsy gevoeg word. Die sjabloon kan ook lesers waarsku dat die artikel deur KI bygewerk is. – 🍍 Pynappel (kontak) 14:37, 26 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Pynappel: die voordele van KI: wat die een binne sekondes kry, beteken vyf uur se werk vir die ander. Ek was vyf uur met dié goed besig en van die punte is as verkeerd bewys. KI ontneem jy nie daarvan om self die bronne te lees nie. Groete. --  SpesBona 19:06, 26 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@SpesBona dankie, ek dink die artikel is nou beter, en wanneer die volgende model op die artikel opgelei word, sal sy afvoere ook meer akkuraat wees. – 🍍 Pynappel (kontak) 19:23, 26 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Pynappel: dit raak die punt oor vertalings direk, aangesien die Duitse en Afrikaanse artikels identies is. Die meeste bronne is aan my bekend en ek kan die artikel daarvolgens aanpas. Groete. --  SpesBona 19:32, 26 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Ek het nou uiteindelik opgevang met al die gesprekke op geselshoekie. Daar is nou baie woorde, en baie emosies oor die onderwerp. Soos ek dit sien is die hoof-kwessies:
  1. Gebruik KI vir nuwe inhoud of nie. (Lyk my meeste mense stem saam NEE).
  2. Gebruik KI vir vertalings of nie. (Die vraag lei na kwessie #3)
  3. Inhoud op afwiki wat vertaal is van 'n ander wiki vereis dat die vertaler elke bron verifieer.
  4. As ons KI gebruik om groot volume artikels/inhoud te skep, hoe gaan ons tred hou?

Kwessie 1 dink ek nie ons hoef dit verder te bespreek nie. Maak kom ons maak dit 'n amptelike beleid.
Kwessie 2 hang af aan kwessie 3.
Kwessie 3 dink ek vereis 'n stem van al die lede van afwiki. Ek dink nie @SpesBona se standpunt hieroor is die norm nie.
Kwessie 4 moet nog verder bespreek word.

Het ek enige iets gemis? - Rooiratel (kontak) 12:47, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Gister se eksperiment by Bespreking:Zimbabwiese nasionale rugbyspan het juis bewys dat jy die bronne moet raadpleeg as jy 'n artikel wil vertaal. KI het probeer om foute in my vertaling te vind en misluk. Die artikel was net hier en daar verouderd; slegs een, twee klein foutjies: 'n verkeerde datum en 'n verkeerde plek. Groete. --  SpesBona 13:19, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Nee, dit het die teendeel bewys: dat mense en KI foute maak. Foute word nie uitgeskakel deur 'n verbod op KI nie. Die KI gaan aanhou beter raak en gaan binnekort minder foute as mense maak. – 🍍 Pynappel (kontak) 13:28, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Dan is mense binnekort onnodig hier. 'n Bot skryf artikels, 'n KI brei dit uit en 'n bot hou dit op datum. Dan kan ek maar iets anders doen in my vrye tyd. Soos om mense te ontmoet. Groete. --  SpesBona 13:39, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
"Dan is mense binnekort onnodig hier." Verduidelik asb. vir ons hoe jy tot hierdie gevolgtrekking kom sodat ons ook jou argument kan volg. – 🍍 Pynappel (kontak) 13:47, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
My gevolgtrekking uit "Die KI gaan aanhou beter raak en gaan binnekort minder foute as mense maak." Groete. --  SpesBona 13:56, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Ek begin al hoe meer en meer ontuis hier voel... Oesjaar (kontak) 13:30, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Dis eintlik net SpesBona sover wat kla. Kom ons hoor wat sê die ander. – 🍍 Pynappel (kontak) 13:37, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Dieselfde gevoel hier. Al die jare vir kwaliteit in Afrikaans geoffer. Groete. --  SpesBona 13:39, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Al julle antwoorde is spekulatief van aard bv. KI gaan verbeter. Jammer, ek is realis, antwoorde moet presies wees. Oesjaar (kontak) 13:54, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Ek gebruik lankal ChatGPT vir die vertaling van dele van fliekartikels en het nog nie foute teengekom nie. Ek skryf wel groot stukke oor, want die taal is nie te waffers nie en hy vertaal baie goed direk uit Engels. Ek werk nog daaraan dat hy beter taal gebruik. ~ Burgert (kontak) 17:45, 4 September 2026 (UTC)Beantwoord

Officer's mess

[wysig bron]

Hulle sê: "An officer's mess is more than just a dining room; it is a complete building or dedicated facility where commissioned military officers eat, relax, and socialize." Wat sou dit op Afrikaans wees? Duits gebruik "Messe", maar ek twyfel of dit goed oordra na Afrikaans. JMK (kontak) 12:53, 25 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Sou offisiersklub kon werk? Sobaka (kontak) 13:07, 25 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Dit is 'n Menasie of offisiersmenasie. Thermofan (kontak) 13:39, 25 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Dankie vir albei voorstelle. Ek vermoed "menasie" is die woord wat my ontgaan het. JMK (kontak) 14:04, 25 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Werkswinkels wat deur Wikimedia ZA gefasiliteer sal word in September 2026

[wysig bron]

Gebruikers neem kennis van die werkswinkels gedurende September 2026. Boodskap van Wikimedia ZA:

“Hierdie werkswinkels sal studente, dosente en bibliotekarisse by hoër onderwysinstellings betrek en hulle bekendstel aan die basiese beginsels van die redigering van Wikipedia in alle Suid-Afrikaanse tale. Sommige deelnemers mag Afrikaans as eerstetaalsprekers wees, en die opleiding sal die volgende dek:

Wat Wikipedia is

Die Vyf Pilare van Wikipedia

Die vertaling van bestaande artikels met behulp van die Vertaalinstrument

Die skep van nuwe artikels

Die byvoeg van verwysings en beelde

Ons wil graag die Afrikaanse Wikipedia-gemeenskap vooraf oor hierdie werkswinkels inlig. Aangesien hierdie sessies 'n toestroming van nuwe bydraes van eerstekeerredakteurs tot gevolg kan hê, sal ons die gemeenskap se bewustheid en ondersteuning waardeer om hierdie nuwelinge gepaste leiding, geduld en goeie trou te gee soos hulle begin bydra.

Komende Werkswinkels SWiP Fase 2 Jaar 2 – Universiteit Stellenbosch 7–8 September 2026

SWiP Fase 2 Jaar 2 – Durban Universiteit van Tegnologie 10–11 September 2026

SWiP Fase 2 Jaar 2 – Universiteit van KwaZulu-Natal, Pinetown-kampus 17–18 September 2026

Dankie dat u ons help om te verseker dat die betrokke gemeenskap bewus is van hierdie aktiwiteite en die nuwe bydraers kan ondersteun.” Sobaka (kontak) 13:12, 25 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Erfenismaand: Inheemse Taalvertaal-uitdaging

[wysig bron]

Inisiatief vir Erfenismaand vir enige belangstellendes:

“Beste Wikimediane,

Sluit by ons aan vir die Erfenismaand se 30-dae Inheemse Taalvertaal-uitdaging hierdie September! Help om Suid-Afrikaanse erfenis te vier deur artikels oor die teiken inheemse taal Wikipedias uit te brei en te verbeter.

Belangrike Besonderhede

Datums: 1–30 September 2026 -

Teikentale: isiZulu, isiXhosa, Sesotho, Setswana, Sepedi, Xitsonga, isiSwati, Tshivenḓa, isiNdebele, en Afrikaans -

Daaglikse Doelwit: Vertaal 1 artikel per dag oor Suid-Afrikaanse kookkuns, gebruike, klere, kuns, geskiedenis of letterkunde.

Hoe om Deel te Neem

1. Voeg jou gebruikersnaam by die projekbladsy en sluit aan by die Geleentheidsdashboard <https://meta.wikimedia.org/wiki/WMZA_Heritage_Month_30-Day_Translation_Campaign> (Wagwoord: Heritage).

2. Kies 'n Suid-Afrikaanse erfenisartikel op Engelse Wikipedia.

3. Vertaal dit in jou teikentaal (met behulp van die Inhoudvertalingsinstrument of handmatig) en publiseer.

Opleidingswerkswinkel Leer hoe om die Inhoudvertalingsinstrument en dashboard te gebruik:

Datum en tyd: Saterdag, 29 Augustus 2026 | 10:00 vm. – 12:00 nm. SAST - Skakel: Sluit aan by Google Meet <https://meet.google.com/xuv-gwfo-ztq?authuser=1&hs=122>

Pryse (geskenkbewyse) Top bydraers gekies op grond van vertalingskwaliteit, volledigheid en formatering: - 1ste Plek: R5,000 - 2de Plek: R3,000 - 3de Plek: R2,000

Kontak info@wikimedia.org.za

Vriendelike groete

WikimediaZA

Nomfundo Zungu: Kommunikasie-intern”

[Hier geplaas deur Sobaka (kontak) 08:15, 26 Augustus 2026 (UTC)]Beantwoord

@Sobaka mag ons vir hierdie spesifieke gebeurtenis KI gebruik om die vertaling te behartig, mits ons die porboodskap wat ons gebruik het, publiseer, en met die veronderstelling dat bronne wat saam met stellings oorgebring word, reeds in die oorspronklike weergawe nagegaan is en dus nie weer individueel nagegaan hoef te word by die eerste weergawe van die vertaling nie? Gebruikers kan natuurlik enige stelling later bevraagteken en bronne nagaan en stellings wat nie geverifieer kan word nie, verwyder. Ek vra hierdie net vir praktiese redes om in staat te wees om die eerste weergawe van die vertaling te kan plaas. – 🍍 Pynappel (kontak) 11:13, 26 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
My opinie is: ja, ons mag, want Wikipedia word nie as 'n bron gebruik nie, die bronne word saam oorgebring, en ander Wikipedia's vereis ook verifieerbaarheid en die aanhaal van bronne, en die KI-model word gevra om 'n nugtere vertaling te doen, nie om eie kennis te gebruik of eie navorsing te doen nie, dus is die risiko van hallusinasies laag. Natuurlik kan die oorspronklike weergawe foute bevat, en die foute word dan met die vertaling oorgebring, maar dit is 'n risiko by enige vertaling en foute kan selfs in betroubare bronne bestaan, dus is dit nie 'n risiko uniek aan KI nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 11:32, 26 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Sobaka en Pynappel: Myns insiens is dit nie die doelwit van dié kompetisie om met KI-geskepte artikels mee te ding nie. Die een skryf met die hand en die ander met KI? Ek dink nie dit is billik in 'n kompetisie nie. Ek sou dit as 'n soort doping beskou. Met die hoeveelheid KI-inhoud kan mens ook nie van ander verwag om die inhoud na te gaan nie. My mening. Jou laaste aanmerking oor foute in die oorspronklike artikel is juis die rede waarom die Duitse Wikipedia van die vertaler verwag om die inhoud stiptelik na te gaan. Andersins loop jy gevaar om verkeerde inhoud te versprei. Ek beskou die vertaler steeds as verantwoordelik vir die teks wat hy plaas. Groete. --  SpesBona 11:55, 26 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Pynappel, ek dink ons moet hier twee sake onderskei. Eerstens is dit ’n kompetisie wat deur WikimediaZA gereël word, en ek kan dus nie namens hulle bepaal of KI-ondersteunde vertaling vir die doeleindes van die kompetisie toegelaat word of presies watter voorwaardes daarvoor geld nie. Dit sal jy verkieslik met die organiseerders moet uitgeklaar.
Tweedens is ons op die Afrikaanse Wikipedia nog besig om gemeenskapsbeginsels vir die verantwoordelike gebruik van KI te ontwikkel, en ek wil nie daardie gesprek vooruitloop nie. Persoonlik sien ek wel ’n belangrike onderskeid tussen die gebruik van KI as ’n vertalingshulpmiddel en die gebruik daarvan om self nuwe ensiklopediese inhoud en bronne te genereer. KI-ondersteunde vertaling behoort dus nie noodwendig uitgesluit te word nie, mits die gebruiker die finale teks self deeglik nagaan en verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.
Ek sou egter versigtig wees met die aanname dat bronne bloot omdat hulle uit die oorspronklike artikel oorgedra word, glad nie nagegaan hoef te word nie. Niemand verwag noodwendig dat elke bron volledig van nuuts af ondersoek moet word voordat ’n vertaling gepubliseer word nie, maar die vertaler behoort minstens seker te maak dat die vertaalde teks die oorspronklike artikel getrou weergee, dat die verwysings korrek oorgedra is en dat daar nie deur die vertaalproses nuwe stellings, betekenisverskuiwings of foutiewe terminologie ontstaan het nie.
Wat die publisering van die porboodskap betref, dink ek dit is ’n nuttige vorm van deursigtigheid, maar dit is iets waaroor die gemeenskap nog ’n beginsel moet vasstel. Vir hierdie spesifieke kompetisie sou ek dus voorstel dat WikimediaZA eers bevestig wat hulle reëls oor KI-gebruik is; daarna geld uiteraard steeds die Afrikaanse Wikipedia se gewone vereistes ten opsigte van kwaliteit, verifieerbaarheid en die verantwoordelikheid van die redigeerder. Sobaka (kontak) 12:04, 26 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Nuwe botartikels

[wysig bron]

Gemeenskap, ek mis die gemeenskapsbesluit om met nuwe botartikels te groei. Ons het byna 400 nuwe botartikels met 'n klein inligtingskassie en een sin. (As jy die res soek, moet jy die Engels lees.) Myns insiens voeg dit min waarde by, wat dink julle? Groete. --  SpesBona 11:50, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Ek dink dit voeg waarde by. Ek sien nie hoe die aantal van 400 relevant is nie. Daar is poskodes in Lesotho en Sentraal-Afrikaanse Republiek waaroor 'n Afrikaanse leser mag leer, en waaroor daar regtig min bekend is, soos slegs die ligging en koördinate. Sien geen rede hoekom hierdie onderwerpe van die ensiklopedie uitgesluit moet word nie; ander weergawes sluit hierdie onderwerpe in, maar ek hoor graag ander se menings. – 🍍 Pynappel (kontak) 12:14, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Gee ons asb 'n voorbeeld of 2 vd poskodes in Lesotho wat jy gedoen het. Ek kan nie veel van Kabouterbot onthou nie...ouderdom!
PS Kabouterbot het vannag 'n fokop gemaak by Nana-Bakassa ("Koördinate: Missing latitude")
 Aliwal2012 12:37, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Aliwal2012 Hleoheng Fenyane. Ek moet nog die kategorieë byvoeg. – 🍍 Pynappel (kontak) 12:40, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Aliwal2012 reggemaak, dankie. – 🍍 Pynappel (kontak) 13:15, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Ek dink dit voeg net so veel waarde as al die saadjies oor plantspesies. Maak nie saak of dit nou deur 'n bot geskep is of nie. @SpesBona jou vraag is eintlik oor die nuttingheid van saadjies, en ek dink ons het daardie bespreking al baie keer gehad.
Party mense vind die artikels interessant, al is daar min inligting. Dit kan altyd verder uitgebrei word. Dit is ook goed vir ander artikels wat plekname benoem (soos 'n artikel oor 'n ramp of iets), minder rooi skakels ens. - Rooiratel (kontak) 12:40, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@SpesBona Tim Curry is onlangs oorlede. Die artikel is ook deur 'n robot begin. Kyk hoe lyk dit vandag. Die feit dat dit deur 'n robot begin is, doen geen afbreek aan ander artikels nie, en skep 'n raamwerk vir ander gebruikers om maklik by te dra. Ek kan onthou jy het destyds ook vreeslik gekla oor die artikels oor akteurs wat deur 'n robot geskep is. Dit staan jou vry om enige artikel wat jy dink te kort is, uit te brei. En as die onderwerp jou nie interesseer nie, hoef jy nie die artikel te lees nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 12:41, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Intussen meer as 410. Die aantal is belangrik, aangesien kwantiteit die kwaliteit van die Afrikaanse Wikipedia raak. Daar is ook botartikels oor Russiese rajons, Australiese plaaslikeowerheidsgebied en Haïtiaanse departements. Terloops, ek het ander projekte as om 410 botartikels uit te brei. Myns insiens raak dit dieselfde tema: Ons skryf artikels deur mense vir mense. Tel asb. al die Kategorie:Saadjies vir my. Groete. --  SpesBona 12:45, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Wat is die verskil tussen 410 en 410 000? Hoe raak dit die kwaliteit van ander artikels? – 🍍 Pynappel (kontak) 12:48, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Inderdaad. Niemand kla oor enwiki se kwaliteit nie, en hulle het meer as 2 miljoen saadjies. - Rooiratel (kontak) 12:54, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Hoe meer botartikels ons het, hoe meer lesers kom daarop af en sien een-sin-saadjies. Dit raak die reputasie van die hele projek. Daar is mense wat ure, maande, jare vir kwaliteit offer. Hoe aktief is die Cebuano- en Waray-Waray-Wikipedias? en:Cebuano Wikipedia, de:Cebuanosprachige Wikipedia, en:Waray Wikipedia en de:Waray-Waray-Wikipedia vertel baie vir my. Die botartikels het niks gehelp nie. Op die en:Swedish Wikipedia#Massive deletions in robot-made articles het hulle intussen baie botartikels geskrap. Die Engelse Wikipedia het sewe miljoen artikels en die nodige mannekrag met dié wêreldtaal! Groete. --  SpesBona 13:00, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@SpesBona moet ons Tim Curry skrap? – 🍍 Pynappel (kontak) 13:03, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
@Pynappel: Ons kan wel artikels oor mense deur mense laat skryf. Soos Dolly Parton, Bonnie Tyler en Gunther von Hagens. Groete. --  SpesBona 13:10, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Kom ons hoor wat sê die res van die gemeenskap. – 🍍 Pynappel (kontak) 13:15, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Honderde saadjies beteken nie veel nie. Dit groei nie. Kyk na die sponsies. Oesjaar (kontak) 13:51, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Hallo @Oesjaar, ek stem saam dat dit dalk nie veel beteken nie, maar dit het nie noodwendig 'n negatiewe impak nie. Trouens, my punt is juis dat dit 'n goeie impak het omdat dit 'n bestaande artikel verskaf waartoe gebruikers kan bydra. Ek wonder hoeveel gebruikers wysig bestaande artikels eerder as om nuwe artikels te skep. Dit sal interessant wees om hierdie statistiek van 'n groot Wikipedia soos Engels of Duits te kry. Intussen deel ek 'n lys van artikels wat deur kabouter geskep is en wat sedertdien gegroei het. Dit is almal akteurs, vermoedelik omdat dit 'n onderwerp is waarin meer mense geïnteresseerd is, terwyl die sponse 'n baie kleiner gehoor het, maar daardie gehoor verdien steeds om artikels op Wikipedia in Afrikaans te kan raadpleeg en wysigings daarby aan te bring en ja, as hulle die vermoë het, self artikels te begin.
– 🍍 Pynappel (kontak) 23:20, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Voorstel: 'n Konsep-naamruimte (ns 118)

[wysig bron]

Hallo almal

Ek wil graag voorstel dat ons vir die Afrikaanse Wikipedia 'n aparte Konsep-naamruimte aanvra. Dit is die ekwivalent van die Engelse Draft: (naamruimte 118).

Tans het 'n onvoltooide artikel net twee tuistes: die hoofnaamruimte, waar lesers en soekenjins dit sien, of 'n gebruikersubblad of Wikipedia:Sandput. 'n Konsep-naamruimte gee 'n derde plek:

  • Konsepte tel nie as artikels nie en beïnvloed nie ons artikeltelling nie.
  • Konsepte word outomaties nie deur soekenjins geïndekseer nie, dus skaad 'n onvoltooide bladsy nie die projek se aansien nie.
  • Nuwelinge kan aan 'n artikel werk sonder dat dit binne minute vir verwydering genomineer word.
  • Wanneer die artikel gereed is, word dit eenvoudig na die hoofnaamruimte geskuif en die volledige geskiedenis bly behoue.

Meer as 25 Wikipedias het reeds so 'n naamruimte.

Wat presies aangevra sal word

[wysig bron]
  • Naamruimte 118 = Konsep, naamruimte 119 = Konsepbespreking
  • 'n Alias sodat Draft: ook na dieselfde naamruimte wys
  • Subbladsye aangeskakel
  • noindex sodat konsepte nie deur soekenjins geïndekseer word nie
  • Konsepte tel nie as inhoudsbladsye nie (dus nie in die artikeltelling nie)
  • VisualEditor beskikbaar in die nuwe naamruimte

Punte waaroor ons moet besluit

[wysig bron]
  1. Die naam. "Konsep" / "Konsepbespreking", of eerder "Klad" / "Kladbespreking"? Ander voorstelle is welkom.
  2. Wie mag 'n konsep na die hoofnaamruimte skuif? Enigeen, of net gebruikers wat outomaties bevestig is (autoconfirmed)?
  3. Verlate konsepte. Op die Engelse Wikipedia kan 'n konsep wat ses maande lank onaangeraak bly, verwyder word, met 'n kennisgewing aan die skepper. Wil ons iets soortgelyks, en met watter tydperk?
  4. Soekresultate. Moet konsepte by verstek in ons interne soektog verskyn, of net wanneer 'n mens dit uitdruklik kies?

Hoe dit tegnies werk

[wysig bron]

Ons kan dit nie self aanskakel nie. Dit is 'n konfigurasieverandering aan Wikimedia se bedieners. Die pad is:

  1. Konsensus hier op die Geselshoekie, met die besonderhede hierbo beslis.
  2. 'n Versoek op Phabricator onder Wikimedia-Site-requests, met 'n permanente skakel na hierdie bespreking (sien m:Requesting wiki configuration changes).
  3. 'n Ontwikkelaar dien die wysiging in Gerrit in en dit word ontplooi.

Dit neem gewoonlik 'n paar weke. Vir 'n kleiner wiki is 'n handjievol steunstemme genoeg: die Birmaanse Wikipedia se versoek (phab:T352424) is met twee steunstemme goedgekeur.

Alternatief

[wysig bron]

As die gemeenskap voel 'n eie naamruimte is oorbodig, kan ons byna dieselfde werkvloei kry sonder enige tegniese versoek, deur subbladsye soos Wikipedia:Konsepte/Artikelnaam te gebruik. Die verskil is dat noindex dan nie outomaties geld nie, dat konsepte nie 'n eie filter in onlangse wysigings en die soekfunksie kry nie, en dat die naam vir nuwelinge minder duidelik is.

Steun, teen, kommentaar

[wysig bron]

Ek stel voor ons hou die bespreking ten minste twee weke oop sodat almal kans kry om te reageer. – 🍍 Pynappel (kontak) 22:51, 27 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Ek ondersteun die voorstel in beginsel. Hou vir twee weke. Groete! Oesjaar (kontak) 16:43, 28 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Ondersteun idee
  1. Konsepartikel
  2. Gebruikers wat bevestig is
  3. Ses maande klink redelik
  4. Net by keuse, maar as iemand nou dieselfde artikel wil skep, moet dit duidelik wees dat daar reeds ‘n konsepartikel is. Sobaka (kontak) 18:16, 28 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Ondersteun Een van die grootste voordele sal wees as daar kompetisies of werkwinkels is, sodat ander gebruikers weet om die gebruiker spasie te gee. Dit kan dalk ook help dat nuwelinge meer vrymoedigheid het...(dalk?)
Net 'n vraag: as die blad geskuif word sonder 'n aanstuur, wat oorbodig sal wees, tel dit as 'n bladsyverwydering? Thermofan (kontak) 14:19, 1 September 2026 (UTC)Beantwoord
@Thermofan soos sake tans staan, ja, maar slegs administrateurs kan skuif sonder 'n aanstuur. As ander gebruikers bladsye skuif, dan word 'n aanstuur outomaties agtergelaat. Op die Engelse Wikipedia het hulle 'n spesifieke gebruikersgroep, nl. page movers, wat bladsye sonder 'n aanstuur kan skuif. Ons kan oorweeg om ook so 'n groep op die Afrikaanse Wikipedia te hê. – 🍍 Pynappel (kontak) 15:12, 1 September 2026 (UTC)Beantwoord
Ondersteun al vier punte hier bo. ~ Burgert (kontak) 20:41, 4 September 2026 (UTC)Beantwoord
OndersteunDumbassman (kontak) 16:08, 5 September 2026 (UTC)Beantwoord
Ondersteun – Briljante idee. Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 17:34, 5 September 2026 (UTC)Beantwoord
Neutraal – Ek is tans bietjie uitgebrand!  Aliwal2012 18:30, 5 September 2026 (UTC)Beantwoord
Ek het die nuwe naamruimtes aangevra: https://phabricator.wikimedia.org/T437576 – 🍍 Pynappel (kontak) 11:24, 10 September 2026 (UTC)Beantwoord

Malfunction...

[wysig bron]

Die taalkundiges: beste vertaling - faal of wanfunksioneer? Of hang dit af van die gebruik van die woord? Ek verkies eersgenoemde! Oesjaar (kontak) 08:34, 28 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Ja, wanfunksioneer as werkwoord. Ook dalk
  • nie behoorlik funksioneer nie
  • foutief funksioneer
  • gebrekkig funksioneer

Informeel: Die masjien het begin probleme gee.

As selfstandige naamwoord: Fout
  • The system experienced a hardware malfunction that caused unexpected server reboots.
Die stelsel het 'n hardewarefout ondervind wat onverwagte herlaaie van die bediener veroorsaak het.
  • Engineers traced the vehicle's sudden loss of power to an electronic control unit malfunction.
Ingenieurs het die voertuig se skielike verlies aan krag nagespoor na 'n fout in die elektroniese beheereenheid.
Thermofan (kontak) 11:59, 28 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Volgens Google Translate, lui die Afrikaans vertaaling:
  • Die stelsel het 'n hardeware-wanfunksie ondervind wat onverwagte bedienerherlaai veroorsaak het.
  • Ingenieurs het die voertuig se skielike kragverlies na 'n wanfunksionering in die elektroniese beheereenheid teruggevoer.
Martinvl (kontak) 14:55, 28 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Ai tog, Martin..! Thermofan (kontak) 11:46, 31 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Nee Martin, gaan kyk terug in jou skoolboeke. Google Translate gee maar swak vertalings!  Aliwal2012 11:59, 31 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Ratko Mladic

[wysig bron]

Goeiedag, ek wil graag hoor of ek hierdie konsep na die hoofnaamruimte mag skuif. Dit is 'n KI-vertaling van die Engelse weergawe. Ek het nie al die bronne noukeurig deurgegaan nie, maar die resultaat lyk ooglopend korrek. Is daar enige groot probleme met die artikel wat verhoed dat dit gepubliseer kan word? Dit kan natuurlik in sy konsepvorm en na publikasie steeds gewysig word om enige foute te korrigeer of nuwe inligting by te werk. Ek hoor graag van u. – 🍍 Pynappel (kontak) 11:49, 28 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

Hallo Pynappel, ja dis skaflik, haal net asb al die rooi skakels in die inleiding uit.
Iets soos--- Sien ook: Kroasiese Onafhanklikheidsoorlog en Bosniese Oorlog --- het geen nut nie.
Dankie!  Aliwal2012 12:11, 28 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord
Uitgevoer Uitgevoer – 🍍 Pynappel (kontak) 13:05, 28 Augustus 2026 (UTC)Beantwoord

FAK-voorsitters

[wysig bron]

Het die voorsitterlys van die FAK probeer opdateer, maar daar is nog datum-gapings, wat ook bevestig kan word. Daar mag ook 'n Prof. Jan de Koning tussen Cillié en Heyns wees, maar ek vind baie min inligting oor hom. JMK (kontak) 11:21, 1 September 2026 (UTC)Beantwoord

Twintigjaargemeenskap.

[wysig bron]

Gemeenskap, kan al die bestaande lede van die 15 jaar gemeenskap net laat weet of hulle dalk al deel van die twintigjaargemeenskap moes gewees het? Ek het Gebruiker:Sobaka opdateer. Groete! Oesjaar (kontak) 15:02, 6 September 2026 (UTC)Beantwoord

Ook dankie en geluk aan Gebruiker:JMK met sy 20 jaar deelname hier by ons. Groete! Oesjaar (kontak) 18:56, 6 September 2026 (UTC)Beantwoord
Eers in Jan. 2028! ~ Burgert (kontak) 19:02, 6 September 2026 (UTC)Beantwoord