Gaan na inhoud

Jeffrey Archer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jeffrey Archer
Jeffrey Archer in 2024
Gebore
Jeffrey Howard Archer

15 April 1940
Londen, Engeland
Sterf5 Oktober 2026
Londen, Engeland
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepSkrywer
Bekend virKane and Abel, First Among Equals, Not a Penny More, Not a Penny Less
EggenootMary Weeden
Kinders3
Webwerfhttps://jeffreyarcher.com/

Jeffrey Howard Archer, Baron Archer van Weston-super-Mare (15 April 1940 – 5 Oktober 2026), was 'n Engelse romanskrywer en politikus.[1] Hy was van 1969 tot 1974 die parlementslid vir Louth (Lincolnshire), maar het nie weer vir verkiesing gestaan nie nadat hy byna bankrot gespeel het.[2] Archer het sy fortuin as romanskrywer herstel. Sy roman Kane and Abel (1979) bly een van die topverkoperboeke ter wêreld, met na raming 34 miljoen eksemplare wat wêreldwyd verkoop is.[3][4] Altesaam is meer as 320 miljoen eksemplare van sy boeke wêreldwyd verkoop.[5]

Archer het na die politiek teruggekeer en was van 1985 tot 1986 adjunkvoorsitter van die Konserwatiewe Party; hy het bedank nadat 'n koerant hom daarvan beskuldig het dat hy geld aan 'n sekswerker betaal het. In 1987 het hy 'n siviele saak gewen en is aansienlike skadevergoeding weens hierdie bewering aan hom toegeken.[6] Hy is in 1992 as 'n lewenslange eweknie (life peer) aangestel en het daarna die eerste Konserwatiewe kandidaat geword wat vir die burgemeesterskap van Londen benoem is. Hy het sy kandidatuur in 1999 teruggetrek nadat dit aan die lig gekom het dat hy tydens die saak in 1987 gelieg het. In 2001 is hy tot vier jaar tronkstraf gevonnis weens meineed en die verydeling van die regsgang, wat 'n einde aan sy aktiewe politieke loopbaan gemaak het. Hy is vroeg in 2003 vrygelaat.[5]

Archer het in 2024 uit die Britse Hoërhuis getree. Hy is in Oktober 2026 op die ouderdom van 86 oorlede.[7]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ Sala, Lana (2022). "Scandal: Jeffrey Archer and the call-girl" (Documentary). Zinc Television London. London: Channel 5.
  2. ↑ Odone, Christine (21 Maart 2013). "Jeffrey Archer: Mary would run the NHS beautifully". The Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 7 November 2015.
  3. ↑ Rufford, Nick. "Jeffrey Archer on his prison years and his latest crime caper". The Times (in Engels). ISSN 0140-0460. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2024. Besoek op 16 Mei 2022.
  4. ↑ Flood, Alison (15 Junie 2009). "Jeffrey Archer rewrites Kane and Abel 'for a new generation'". The Guardian. Besoek op 26 Junie 2022.
  5. 1 2 Horowitz, Anthony (7 Mei 2011). "Jeffrey Archer interview: the saga continues". The Daily Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2016. Besoek op 20 Januarie 2016.
  6. ↑ Davies, Caroline (20 Julie 2001). "He lied his way to the top". The Daily Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2010. Besoek op 7 November 2015.
  7. ↑ Cowell, Alan (5 Oktober 2026). "Jeffrey Archer, Novelist Whose Real Life Rivaled His Thrillers, Dies at 86". The New York Times. Besoek op 5 Oktober 2026.