Julius Gordon Africana Sentrum
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Julius Gordon Africana Sentrum op Riversdal weerspieël die geskiedenis van die dorp, sy omstreke en veral sy mense.
Ligging
[wysig | wysig bron]Die museum word gehuisves in die Versfeld Huis in Langstraat.
Versameling
[wysig | wysig bron]Julius Gordon was ‘n oujongkêrel wat sy versameling kosbaarhede aan sy geboortedorp nagelaat het en waartoe die gemeenskap later bygevoeg het. Dit bestaan o.a. uit skilderye en antieke meubels van Suid-Afrikaanse oorsprong en koper- en glasware. Hier is ‘n paar werke deur Thomas Bowler, Jan Volschenk, Vera Volschenk, Johannes Meintjes, Marjorie Wallace, Katrine Harries, Terence McCaw, Edward Roworth, Abraham de Smidt, J.H. Amschewitz, Daniël Cornelis Boonzaier, Erich Mayer, Tinus de Jongh, Maggie Laubser en Irma Stern. Opvallend is die items uit die destydse sinagoge op die dorp. Ander voorwerpe sluit in Kaapse stinkhoutstoele, ou klokke, gebruiksartikels in brons, argeologiese klipwerktuie, ‘n klip- en seeboonversameling en ‘n groot aantal foto’s van mense en die flora van die kontrei. Interessant is ook die lykswa getrek deur perde.
Versfeld Huis
[wysig | wysig bron]Toe Theodor Versfeld hoor van sy vriend Gordon se bemaking aan die mense van sy geboortedorp, het Versfeld (eweneens ‘n vrygesel) besluit om sy 19de eeuse ouerhuis aan die dorp te skenk op voorwaarde dat die Julius Gordon-bemaking daarin gehuisves word. Op 6 Mei 1966 is die Julius Gordon Africana Sentrum in die Versfeld Huis, ‘n verklaarde kultuurmonument, geopen.
Persone
[wysig | wysig bron]- Julius Gordon (*Riversdal, 27 Desember 1892 - †Seepunt, 12 April 1974), prokureur op Springbok (1918-1928), studeer geneeskunde in Londen (1932-1938), boer op Vredendal(1939-1942), boer by Goodhouse (1944-1948)
- Theodor Versfeld (*Riversdal, 27 Februarie 1889 - †Riversdal, 26 Junie 1960), prokureur, soms stadsraadslid en onderburgemeester op Riversdal
Bibliografie
[wysig | wysig bron]Fransen, Hans (samesteller): Guide to the museums of Southern Africa. Kaapstad: South African Museums Association, 1978