Taoyuan
| Kaart | Seël |
| Vlag | |
| Land | |
| Administratiewe gewes | Noord-Taiwan |
| Koördinate | 24°59′N 121°19′O / 24.983°N 121.317°O |
| Gestig op | 25 Desember 2014 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 1 220,95 vk km |
| Hoogte bo seevlak | - m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (Maart 2023) | 2 293 509 |
| - Bevolkingsdigtheid | 1 900/vk km |
| Tydsone | UTC +8 (CST) |
| Burgemeester | Chang San-cheng (KMT) |
| Amptelike webwerf | Taoyuan |
Taoyuan, amptelik Taoyuan Stad (Chinees: 桃園市; pinyin: Taoyuan shi; Taiwannees: Thô-hn̂g Tshī), is ná Nieu-Taipei, Kaohsiung, Taichung en Taipei die vyfde grootste stad van die Republiek China op die eiland Taiwan met 'n bevolking van sowat 2,3 miljoen en beslaan 'n oppervlakte van 1 220,95 km². Taoyuan is 'n spesiale munisipaliteit in die noordelike deel van die eilandstaat en dit word regstreeks deur die nasionale regering bestuur.[1] Die stad is langs Nieu-Taipei aan die kus van die Oos-Chinese See in die administratiewe gewes Noord-Taiwan geleë. Taoyuan-distrik is in hierdie munisipaliteit geleë en dien as setel van Taoyuan.

Die stad Taoyuan is op 25 Desember 2014 uit die Taoyuan-distrik gevorm. Taoyuan beteken "persketuin" aangesien die gebied gereeld baie perskebloeisels het. Taoyuan is die tuiste van die inheemse Pingpu-stam. Dit vorm nou 'n belangrike industriële streek van Taiwan. Die grootste lughawe van dié land, Taoyuan Internasionale Lughawe, wat Taipei bedien, is in hierdie streek geleë. Taoyuan beskik ook oor 'n groot hawe langs die Oos-Chinese See.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Government organizations". Presidentskantoor van die Republiek China (Taiwan). Besoek op 23 Julie 2025.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Taoyuan.- (en) Toerisme-inligting oor Taoyuan op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf
- (en) "T'ao-yüan". Encyclopædia Britannica. Besoek op 30 Mei 2025.


