Gaan na inhoud

Bonnie Tyler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bonnie Tyler
Bonnie Tyler tydens 'n repetisie vir die Eurovision-sangfees in Malmö, Swede, op 15 Mei 2013
Agtergrondinligting
GeboortenaamGaynor Hopkins
Gebore(1951-06-08)8 Junie 1951
Skewen, Neath, Wallis, Verenigde Koninkryk
Sterf8 Julie 2026 (op 75)
Faro, Portugal
GenresRock, country
Beroep(e)Sangeres
InstrumenteStem
Jare aktief1969–2026
EtiketteRCA, Columbia, Hansa, EastWest, CMC, Sony, Stick Music, Celtic Swan Recordings
Webwerfbonnietyler.com

Gaynor Sullivan (née Hopkins; 8 Junie 19518 Julie 2026), beter bekend onder haar verhoognaam Bonnie Tyler, was 'n Walliese sangeres, bekend vir haar kenmerkende hees stem. Tyler was bekend vir haar 1977-album The World Starts Tonight en die enkelsnitte Lost in France en More Than a Lover. Haar enkelsnit van 1978 It's a Heartache bereik nommer vier op die Britse Singles Chart en nommer drie op die Amerikaanse Billboard Hot 100.

In die 1983 skryf die Amerikaanse liedjieskrywer, Jim Steinman, Tyler se treffer, Total Eclipse of the Heart. Dié liedjie het in sy eerste week op die Britse treffersparade onmiddellik die nommer een posisie behaal en Tyler was die eerste vroulike sanger met 'n liedjie in die nommer een posisie binne sy eerste week op die treffersparade.[1] Tydens 'n onderhoud met People Magazine in 1983 sê Steinman dat hy nie verwag het dat Total Eclipse of the Heart die potensiaal vir 'n enkelsnittreffer gehad het nie. Hy sê: "Dit was 'n aria vir my, 'n Wagner-agtige aanslag van klank en emosie. Ek het dit geskryf om 'n vertoning vir haar stem te wees".[2] Steinman skryf ook een van haar ander groot treffers, Holding Out for a Hero, wat in 1984 vir die klankbaan van die film Footloose opgeneem is.

Tyler is op 8 Julie 2026 in 'n hospitaal in Faro, Portugal, oorlede.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Songfacts: Total Eclipse of the Heart – Bonnie Tyler". Songfacts®, LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2018. Besoek op 20 September 2018.
  2. (en) "Bonnie Tyler, "Total Eclipse Of The Heart", written By Jim Beviglia". ForASong Media, LLC, American Songwriter®. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2018. Besoek op 30 November 2018.
  3. (en) "Total Eclipse of the Heart singer Bonnie Tyler dies aged 75". BBC. 9 Julie 2026. Besoek op 9 Julie 2026.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]