Krieketwêreldbeker 2027
| Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 2027 | |
| Datums | 2 Oktober – 21 November |
|---|---|
| Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
| Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
| Toernooiformaat | Superreeks, Groepfase, Super Sewe en uitklopfase |
| Gashere | |
| Deelnemers | 14 (36 kwalifiseer) |
| Wedstryde gespeel | 57 |
← 2023 2031 → | |
Die Krieketwêreldbeker 2027 (Engels: 2027 Cricket World Cup) word van 2 Oktober tot 21 November 2027 in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië beslis.[1] Dit is die 14de krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en ná die Krieketwêreldbeker 2003 die tweede in Suider-Afrika. Die 2003-toernooi is deur Suid-Afrika, Zimbabwe en Kenia saam aangebied. Namibië sal vir die eerste keer ’n wêreldbekertoernooi aanbied. Daarbenewens is dit die eerste wêreldbekertoernooi in enige sportsoort wat beide Suid-Afrika en Zimbabwe vir ’n tweede keer huisves.

14 nasionale krieketspanne neem aan die Krieketwêreldbeker 2027 deel: Die medegashere Suid-Afrika en Zimbabwe, die agt beste spanne op die IKR se EDI-ranglys soos op 30 September 2026 (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Sri Lanka), saam met die vier beste spanne van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2026. Vir die medegasheer Zimbabwe is dit die eerste deelname aan ’n krieketwêreldbekertoernooi sedert 2015, waarmee vir die eerste keer in twaalf jaar albei Afrikaspanne aan dieselfde krieketwêreldbekertoernooi deelneem.
Tydens die Krieketwêreldbeker 2027 word 57 wedstryde gespeel, waaronder drie tydens die Superreeks, 30 tydens die groepfase, 21 in die Super Sewe, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die drie laagste geplaasde spanne beslis drie wedstryde in ’n Superreeks, waarna die beste span na die groepfase deurdring. Die ander twaalf spanne word in twee groepe van ses elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep speel. Die drie beste spanne van elke groep en die sewende beste span kwalifiseer hierna vir die Super Sewe, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd bestaan uit 50 boulbeurte per span.[2][3] Die sewe beste spanne sal saam met die gasheer Indië ook regstreeks vir die Kampioenetrofee 2029 kwalifiseer. Australië is die verdedigende kampioen nadat hulle die vorige Krieketwêreldbeker 2023 teen die gasheer Indië gewen het.[4]
Toewysing
[wysig | wysig bron]Krieket Suid-Afrika het in Mei 2021 aangekondig dat hy ’n bod vir die Krieketwêreldbeker 2027 ingedien het.[5] Die Internasionale Krieketraad het die gasheerlande van beide die 2027- en 2031-manstoernooie op 16 November 2021 aangewys.[6] Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië is gesamentlik as gashere vir die 2027-toernooi benoem, terwyl die 2031-toernooi aan Indië en Bangladesj toegewys is.[7] Voorheen het Namibië en Zimbabwe saam die o. 19-krieketwêreldbeker 2026 aangebied, wat as ’n voorbereiding op die seniortoernooi gedien het; Namibië het tydens dié toernooi vir die eerste keer as gasheer van ’n vername kriekettoernooi opgetree.[8]
Voorbereiding
[wysig | wysig bron]In voorbereiding op die Krieketwêreldbeker 2027 is in Augustus 2025 ’n reëlingskomitee van 15 lede aangestel. Trevor Manuel is as die voorsitter aangewys.[9] Die voormalige adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka is ook aangewys as een van die sewe onafhanklike direkteure van die reëlingskomitee.[10]
Deelnemers
[wysig | wysig bron]Kwalifisering
[wysig | wysig bron]
Die medegashere Suid-Afrika en Zimbabwe, asook die agt beste spanne op die IKR se EDI-ranglys soos op 30 September 2026 het regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2027 gekwalifiseer, terwyl die oorblywende vier plekke tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2027 beslis sal word.[3] Hoewel Namibië tydens die toernooi vir die eerste keer as gasheer optree, sal hulle as ’n assosiaatlid nie regstreeks vir die toernooi kan kwalifiseer nie en Namibië sal aan die Krieketwêreldbekerkwalifisering moet deelneem.[11] Die wenner van die Krieketwêreldbekerkwalifisering sal regstreeks na die groepfase deurdring en die Superreeks oorspring.[12]
Die twee naasbeste spanne op die IKR se EDI-ranglys, wat nie daarin kon slaag om regstreeks vir die toernooi te kwalifiseer nie, sal aan die Krieketwêreldbekerkwalifisering deelneem, waartydens die vier oorblywende plekke beslis sal word.[13] Aan die Krieketwêreldbekerkwalifisering sal ook die vier beste spanne van die Krieketwêreldbekerliga 2 2024–2026 (gehou tussen Februarie 2024 en Desember 2026) en die vier beste spanne van die uitspeeltoernooi 2026 deelneem.[14]
Kwalifiserende spanne
[wysig | wysig bron]Die volgende tien spanne het reeds vir die Krieketwêreldbeker 2027 gekwalifiseer. Later kan nog vier spanne aansluit.

Regstreeks gekwalifiseer as gasheer of deur die IKR se EDI-ranglys
Spanne wat nog regstreeks kan kwalifiseer
Spanne wat aan die kwalifisering deelneem
Nie gekwalifiseer nie
Nie deelgeneem nie
| Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
|---|---|---|---|---|
| Gashere | Tiende | 2023 | Halfeindrondte (1992, 1999, 2007, 2015, 2023) | |
| Tiende | 2015 | Super Ses (1999, 2003) | ||
| EDI-ranglys op 30 September 2026 |
Vierde | 2023 | Groepfase (2015, 2019, 2023) | |
| 14de | 2023 | Kampioen (1987, 1999, 2003, 2007, 2015, 2023) | ||
| Agtste | 2023 | Kwarteindrondte (2015) | ||
| 14de | 2023 | Kampioen (2019) | ||
| 14de | 2023 | Kampioen (1983, 2011) | ||
| 14de | 2023 | Naaswenner (2015, 2019) | ||
| 14de | 2023 | Kampioen (1992) | ||
| 14de | 2023 | Kampioen (1996) |
Stadions
[wysig | wysig bron]Op 10 April 2024 het Krieket Suid-Afrika die agt stadions op sy kortlys bekend gemaak.[15] Pholetsi Moseki, hoof- uitvoerende beampte van dié krieketraad, het verduidelik dat van die elf IKR-geakkrediteerde stadions in Suid-Afrika die finale agt stadions volgens verskeie kriterias soos die beskikbaarheid van lughawens en hotelverblyf gekies is.[16] In Augustus 2025 is aangekondig dat Suid-Afrika 44 wedstryde dwarsdeur die agt gasheerstede sal huisves, terwyl die oorblywende tien wedstryde tussen Namibië en Zimbabwe verdeel sal word.[9] Die wedstryde in Namibië sal in die Nasionale Krieketstadion in Windhoek aangebied word.[17] Zimbabwe Krieket bou tans ’n stadion in Victoria Falls met die amptelike naam Victoria Falls Internasionale Krieketstadion wat oorspronklik in Augustus 2026 geopen sou word.[18] Op 30 Julie 2026 het die Internasionale Krieketraad die uiteindelike plekke vir die Krieketwêreldbeker 2027 bevestig, insluitend die stadion in Victoria Falls wat tans in aanbou is.[19] Die twee halfeindstryde word onderskeidelik op Nuweland in Kaapstad en SuperSport-park in Centurion gespeel, terwyl die eindstryd op Wanderers in Johannesburg beslis word.[1]
|
|
|
|
Formaat
[wysig | wysig bron]Die Krieketwêreldbeker 2027 word oor 51 dae tussen 14 verskillende spanne oor 57 wedstryde beslis. Dit begin op 2 Oktober op die Nasionale Krieketstadion in Windhoek met die openingswedstryd tydens die Superreeks. Die toernooi eindig op 21 November op Wanderers in Johannesburg met die eindstryd, waartydens die wenner die Krieketwêreldbekertrofee inpalm.
Kalender
[wysig | wysig bron]Op 1 Oktober 2026, presies ’n jaar voor dié toernooi se begin, het die Internasionale Krieketraad saam met Krieket Suid-Afrika die wedstrydskedule bekendgestel.[1] Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2027 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n blou blokkie op die Superreeks, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die Super Sewe, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Groepe
[wysig | wysig bron]| Groep A | Groep B |
|---|---|
|
|
|
Groepfase en Super Sewe
[wysig | wysig bron]Die Krieketwêreldbeker 2027 word deur 14 nasionale krieketspanne beslis. Die drie laagste geplaasde spanne beslis in die Superreeks drie wedstryde, waarna die beste span na die groepfase deurdring. Die ander twaalf spanne word vir die groepfase in twee groepe van ses elk verdeel; elke span speel een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep, dus speel elke span vyf wedstryde in die groepfase. Twee punte word vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, word volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe en die sewende beste span dring na die Super Sewe deur.[3]
Die Super Sewe word deur sewe spanne in een groep beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus speel elke span ses wedstryde in die Super Sewe. Die kwalifisering is gegrond op dieselfde kriterias as in die groepfase.[3]
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af neem die toernooi ’n uitklopformaat aan wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Sewe dring na die uitklopfase deur. Die eerste span speel teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word.[3]
Effek op Kampioenetrofee 2029-kwalifisering
[wysig | wysig bron]Die sewe beste spanne sal saam met die gasheer Indië regstreeks vir die Kampioenetrofee 2029 kwalifiseer.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Die wedstryde word in vier fases opgedeel, naamlik die Superreeks, die groepfase, die Super Sewe en die uitklopfase.[3] Die wedstrydskedule is op 1 Oktober 2026 deur beide Krieket Suid-Afrika en die Internasionale Krieketraad bekendgemaak.[1][20]
Superreeks
[wysig | wysig bron]| Kwalifiseer vir die Groepfase. |
Die laagste geplaasde drie spanne beslis in die Superreeks drie wedstryde teen mekaar, waarna die beste span na die groepfase deurdring.[3][1]
| Span | S | W | V | O | G | LT | P |
|---|---|---|---|---|---|---|---|
| X1 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
| X2 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
| X3 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
Groepfase
[wysig | wysig bron]| Kwalifiseer vir die Super Sewe én regstreeks vir die Kampioenetrofee 2029. |
| Moontlike kwalifisering vir die Super Sewe en die Kampioenetrofee 2029. |
| Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Kampioenetrofee 2029 mis. |
Twaalf spanne neem aan die groepfase deel. Die drie beste spanne in elke groep en die sewende beste span dring na die Super Sewe deur.[1][3] Die sewe beste spanne kwalifiseer saam met die gasheer Indië ook vir die Kampioenetrofee 2029.
Groep A
[wysig | wysig bron]| Span | S | W | V | O | G | LT | P |
|---|---|---|---|---|---|---|---|
| 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | |
| 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | |
| 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | |
| 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | |
| 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | |
| Kwalifiseerder A | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
Groep B
[wysig | wysig bron]| Span | S | W | V | O | G | LT | P |
|---|---|---|---|---|---|---|---|
| 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | |
| 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | |
| 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | |
| 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | |
| 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 | |
| Kwalifiseerder B | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
Super Sewe
[wysig | wysig bron]| Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
| Uit die toernooi geskakel. |
Sewe spanne neem aan die Super Sewe deel. Die vier beste spanne dring na die uitklopfase deur.[1][3]
| Span | S | W | V | O | G | LT | P |
|---|---|---|---|---|---|---|---|
| A1 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
| A2 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
| A3 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
| B1 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
| B2 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
| B3 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
| A4/B4 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | – | 0 |
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Die uitklopfase bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg ontmoet.[1]

| Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
| 17 November – Kaapstad | ||||||
| Kwalifiseerder 1 | ||||||
| Kwalifiseerder 4 | 21 November – Johannesburg | |||||
| Wenner Halfeindstryd 1 | ||||||
| 18 November – Centurion | Wenner Halfeindstryd 2 | |||||
| Kwalifiseerder 2 | ||||||
| Kwalifiseerder 3 | ||||||
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]Eindstryd
[wysig | wysig bron]| Krieketwêreldkampioen 2027 |
|---|
| Eindstrydwenner |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- 1 2 3 4 5 6 7 8 (en) "Fixture schedule announced for ICC Men's Cricket World Cup 2027". Internasionale Krieketraad. 1 Oktober 2026. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) "ICC revamp formats for marquee men's events". Internasionale Krieketraad. 15 Julie 2026. Besoek op 1 Oktober 2026.
- 1 2 3 4 5 6 7 8 9 (en) "ICC adds Super Series and Super 7 twist to 2027 ODI World Cup". Cricinfo. 15 Julie 2026. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) Andrew Miller (19 November 2023). "Head's magnificent 137 leads Australia to sixth World Cup title". Cricinfo. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) "South Africa To Bid For 2027 Cricket World Cup". NDTV Sports. 1 Mei 2021. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) "USA to stage T20 World Cup: 2024–2031 ICC Men's tournament hosts confirmed". Internasionale Krieketraad. 16 November 2021. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". Cricinfo. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) Tom Grunshaw (14 November 2022). "Four Associates to host Under-19 World Cups". Emerging Cricket. Besoek op 1 Oktober 2026.
- 1 2 (en) "Trevor Manuel appointed chair of 2027 ICC World Cup organising committee". The Statesman. 21 Augustus 2025. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) Navneet Oberoi (21 Augustus 2025). "ODI World Cup 2027 Organising Committee Revealed: Trevor Manuel To Lead 15-Member Team". Outlook. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) Pramod Ananth (13 November 2022). "ICC announces qualification pathway for 2027 World Cup". Cricket.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2023. Besoek op 14 Maart 2023.
- ↑ (en) Nagraj Gollapudi (17 Julie 2026). "ODI World Cup Qualifier winner gains direct entry to 2027 main round". Cricinfo. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) Nagraj Gollapudi (5 Augustus 2026). "World Cup 2027 Qualifier set to be played from February 22 to March 23". Cricinfo. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) Andre Pitts (28 Augustus 2026). "Cricket World Cup 2027 qualified teams – full list". Internasionale Olimpiese Komitee. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) "Wanderers, Kingsmead, Newlands confirmed as venues for 2027 ODI World Cup: Report". Firstpost. 10 April 2024. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) "ODI World Cup 2027: Wanderers, Kingsmead, Newlands among eight SA venues". Business Standard. 10 April 2024. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) "New Cricket World Cup 2027 venue hosts thrilling first international fixture". Internasionale Krieketraad. 20 Maart 2025. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) Firdose Moonda (26 Augustus 2025). "Will ZC reap benefits from investing heavily into Victoria Falls Stadium?". Cricinfo. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) Firdose Moonda (30 Julie 2026). "Johannesburg, Windhoek, Bulawayo among 12 host cities for 2027 men's ODI World Cup". Cricinfo. Besoek op 1 Oktober 2026.
- ↑ (en) Firdose Moonda (1 Oktober 2026). "Wanderers to host 2027 men's ODI World Cup final as well as India vs Pakistan". Cricinfo. Besoek op 1 Oktober 2026.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 2027. |
- (en) Amptelike webwerf van die Krieketwêreldbeker 2027
- (en) Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad
- (en) ICC Cricket World Cup 2027