Gaan na inhoud

Portaal:Krieket

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Wikipedia-portale: Antieke Egipte · Biologie · Chemie · Fisika · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Griekse mitologie · Katte · Krieket · Letterkunde · Musiek · Rugby · Rusland · Skryfstelsels · Sport · Sterrekunde · Tale · Turkye · Vlae en wapens

Krieketwedstryd Donald Bradman Lord’s-krieketveld Krieketbal Brian Lara


Welkom by Wikipedia se portaal vir krieket. Krieket is ’n boul-en-kolf-sport gespeel tussen twee spanne van elf spelers elk op ’n krieketveld in die middel van ’n 22-jaart-kolfblad (20 meter) met ’n paaltjie aan elke kant bestaande uit twee dwarsbalkies op drie paaltjies. Die wedstryd vorder wanneer ’n speler, die bouler genoem, van die span wat veldwerk doen die bal wettig van die een kant van die kolfblad na die ander kant na die paaltjies boul, met ’n boulbeurt wat klaar is sodra hulle ses wettige balle afgestuur het. Die kolfspan het ’n speler by elke kant van die kolfblad, met die speler oorkant die paaltjies van die bouler wat probeer om die bal van die bouler met sy kolf te slaan. Die kolfspan teken lopies aan wanneer die bouler die bal onwettig na die kolwer boul, die bal die veldgrens raak of wanneer die twee kolwers tussen die twee paaltjies hardloop, gelykstaande aan een lopie. Die veldwerkspan probeer om die aantal lopies te beperk en elke kolwer uit te skakel (hulle is “uit”, hulle het hul paaltjies verloor). Maniere van uitskakeling sluit in uitgeboul, wanneer die geboulde bal die paaltjies raak en die dwarsbalkies afval, en vir die veldwerkspan deur die vang van ’n geslane bal voordat dit die grond raak, of om ’n paaltjie met die bal te tref voordat ’n kolwer sy kolfkampie voor die paaltjie bereik en ’n lopie aanteken. Wanneer tien kolwers uitgehaal is, eindig die kolfbeurt en die spanne verander van rolle. Die wedstryd word deur twee skeidsregters beheer, ondersteun deur ’n derde skeidsregter en ’n wedstrydbeampte in internasionale wedstryde.

Uitgesoekte artikel

Die Suid-Afrikaanse Shaun Pollock boul na die Australiese Michael Hussey tydens die Welwillendheidsdag 2005 op die Melbourne-krieketveld.

Krieket is ’n boul-en-kolf-, asook spansport wat gespeel word tussen twee spanne met elf spelers elk op ’n krieketveld met ’n 22-jaart-kolfblad (20 meter) in die middel met paaltjies aan weerskante wat bestaan uit twee dwarsbalkies op drie houtpenne. Twee spelers van die kolfspan, die aktiewe en onaktiewe kolwer, staan elk met ’n kolf in hulle hande voor elke paaltjie, terwyl ’n speler van die veldwerkspan, die bouler, die bal van die teenoorliggende kant van die kolfblad na die aktiewe kolwer se paaltjies boul. Die aktiewe kolwer probeer die geboulde bal met sy kolf slaan en ruil dan sy plek met die onaktiewe kolwer om, waarby die kolfspan met elkeen van dié bewegings ’n lopie aanteken. Lopies word ook aangeteken wanneer die bal die veldgrens raak of wanneer die bal onwettig geboul word.

Die veldwerkerspan probeer lopies voorkom deur die kolwers uit te skakel (hulle is “uit”, hulle het hul paaltjies verloor). ’n Uitskakeling kan op verskeie maniere behaal word, waaronder uitgeboul, wanneer ’n geboulde bal ’n paaltjie tref en die dwarsbalkies afval, wanneer die veldwerkspan ’n geslane bal vang voordat dit die grond raak, of om die paaltjies met ’n bal te tref voordat ’n kolwer sy kolfkampie voor die paaltjies bereik het om ’n lopie aan te teken. Sodra tien kolwers uitgehaal is, eindig die kolfbeurt en die spanne verander van rolle. Tradisioneel speel krieketspelers in ’n volledige wit uitrusting, maar in korter formate dra hulle klub- of spankleure. Bykomend tot die gewone uitrusting dra sommige spelers beskermende uitrusting om moontlike beserings te verhoed deur die bal, ’n harde, soliede sferoïed, gemaak van saamgeperste leer met ’n effens verhewe toegewerkte naat uit ’n styf gewikkelde tou wat ’n kurkkern omsluit. Die wedstryd word deur twee skeidsregters beheer, ondersteun deur ’n derde skeidsregter en ’n wedstrydbeampte in internasionale wedstryde. Krieketformate sluit in tradisionele toetswedstryde wat oor vyf dae gespeel word, internasionale eendagwedstryde (EDI) oor 50 boulbeurte oftewel een dag, tot Twintig20 (T20), met elke span wat vir 20 boulbeurte kolf (elke boulbeurt bestaan uit ses wettiglik geboulde balle wat die kolfspan die geleentheid bied om lopies aan te teken) en ’n wedstryd wat gewoonlik drie uur neem.

Die vroegste bekende verwysing na krieket dateer uit die middel-16de eeu in Suidoos-Engeland. Dit het met die uitbreiding van die Britse Ryk wêreldwyd versprei, met die eerste internasionale wedstryde wat in die tweede helfte van die 19de eeu gespeel is. Die sport se beheerliggaam is die Internasionale Krieketraad (IKR), wat in 1909 gestig is en nou meer as ’n 100 lede het, waarvan twaalf volle lede toetswedstryde mag speel. Die speelreëls, die krieketwette, word deur die Marylebone-krieketklub (MKK) in Londen behartig. Die sport is veral in Suid-Asië, Australasië, die Verenigde Koninkryk, Suider-Afrika en Wes-Indië gewild. Krieketwêreldbekertoernooie is van die gewildste sportkompetisies wêreldwyd en word in die EDI-vorm gespeel, maar ook T20I-wêreldbekertoernooie en Kampioenetrofeë geniet ’n groot ondersteuning. Hoewel krieket in die verlede veral deur mans beoefen is, het vrouekrieket in die 21ste eeu aansienlik gegroei met beide Vrouekrieketwêreldbeker- en T20I-vrouewêreldbekertoernooie wat nou ook groot skare lok.

...lees verder

Voorbladartikels

Algemeen

In nasionale en internasionale krieket is daar drie spelvorme wat verskil in speellengte.

Die tradisionele vorm is Eersterangse krieket wat oor twee kolfbeurte oor ’n aantal dae gespeel word. Op internasionale vlak word dié spelvorm deur die twaalf volle lede van die beheerliggaam Internasionale Krieketraad as toetskrieket beslis. Dit word veral tydens internasionale toere deur hierdie volle lede saam met ander spelvorme gespeel. Sedert 2019 word in hierdie spelvorm die Wêreldtoetskampioenskap beslis.

Sedert 1963 word eendaagse wedstryde gespeel, genoem A-lys-krieket. Elke span speel een kolfbeurt wat meestal uit 50 boulbeurte bestaan. As die IKR aan die nasionale span ’n bepaalde kwaliteit toeken, mag hulle in Internasionale eendagwedstryde (EDIs) speel. Sedert 1975 word in hierdie spelvorm krieketwêreldbekertoernooie beslis (vir vroue sedert 1973 die vrouekrieketwêreldbeker). ’n Ander belangrike toernooi in hierdie spelvorm is die Kampioenetrofee.

In 2003 is die nuutste spelvorm Twintig20 ingevoer. Soos in EDI-krieket word een spelafdeling beslis wat uit 20 boulbeurte per span bestaan. Sedert 2007 word in hierdie spelvorm T20I-wêreldbekertoernooie beslis (vir vroue sedert 2009 die T20I-vrouewêreldbeker).

Aanhalings

Cricket owes much of its appeal and enjoyment to the fact that it should be played not only according to the Laws, but also within the Spirit of Cricket.
— Laws of Cricket

Uitgesoekte beeld

’n Krieketwedstryd met spelers van die krieketklub in Padangpark met die Marina Bays Sands Hotel op die agtergrond, soos gesien van die Singapoerse Nasionale Galery.

’n Krieketwedstryd met spelers van die krieketklub in Padangpark met die Marina Bays Sands Hotel op die agtergrond, soos gesien van die Singapoerse Nasionale Galery.

Krieketnuus

Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding word
Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding word

Het u geweet...

... dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die Olimpiese Somerspele, Sokker-Wêreldbekertoernooie, Krieketwêreldbekertoernooie, Rugbywêreldbekertoernooie en Formule Een is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.

... dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan ’n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.

... dat daar in toetskrieket sedert 1877 slegs twee gelykopuitslae was en die Australiese nasionale span in albei gespeel het?

Uitgesoekte span

Kenteken van die Duitse nasionale krieketspan.

Die Duitse nasionale krieketspan (Duits: Deutsche Cricket-Nationalmannschaft) is die nasionale krieketspan wat Duitsland in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur die Duitse Krieketbond (DCB, van Duits: Deutscher Cricket Bund) en het in 1991 ’n geaffilieerde en in 1999 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword. Die nasionale span het sy internasionale verskyning in 1989 as Wes-Duitsland teen Denemarke gemaak. Sedertdien het hulle gereeld aan Europese Krieketkampioenskapstoernooie deelgeneem en ook twee keer aan die Wêreldkrieketliga se laer afdelings. In 2001 het Duitsland vir die eerste en enigste keer ook aan die IKR-trofee deelgeneem (nou die Krieketwêreldbekerkwalifisering). In 2022 het hulle vir die eerste keer aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering deelgeneem.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens word al die T20I-wedstryde wat Duitsland ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken. Duitsland is tans (Mei 2025) 35ste op die Twintig20-wêreldranglys.

...lees verder

Krieket in hierdie jaar

Die T20I-wêreldbeker is in 2026 beslis

Krieket in 2026 – van die hoogtepunte sluit in die Wêreldtoetskampioenskap, die o/19-krieketwêreldbeker, die T20I-wêreldbeker 2026, die T20I-vrouewêreldbeker 2026 en die T20I-wêreldbeker 2028-kwalifisering.

Verwante portale

Beheerliggame

Spanne

Toernooie

Kategorieë