Gaan na inhoud

Wikipedia:Beeld van die week

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Argief
2007 2008 2009
2010 2011 2012
2013 2014 2015
2016 2017 2018
2019 2020 2021
2022 2023 2024
2025 2026
Hoe word 'n argief aangelê?

Die meeste van die beelde wat op die Afrikaanse Wikipedia gebruik word is afkomstig van die Wikimedia Commons, 'n versameling vrye beelde en ander medialêers wat deur alle Wikimedia-projekte gebruik kan word, maar wat ook deur enige ander persoon of instansie gebruik kan word.

Die Wikimedia Commons besit tans meer as tien miljoen lêers, waarvan sommige uitgewys word as spogbeelde. Enige persoon kan 'n rekening by die Wikimedia Commons skep en beelde nomineer vir featured-status of op ander gebruikers se nominasies reageer (Commons:Commons:Featured picture candidates). Die kriteria waarvolgens die Commons se spogbeelde gekies word strek van die tegniese tot die estetiese. Gebruikers wat reeds by 'n ander Wikimedia-projek geregistreer is, soos die Afrikaanse Wikipedia, word ook outomaties by die Wikimedia Commons geregistreer.

Afrikaanse Wikipediane kan ook beelde of ander medialêers by die Commons bydra (sommige doen reeds) en daar kan direk uit enige artikel hier na 'n beeld op die Commons skakel.

Die beelde wat hier verskyn het dus almal reeds spogstatus (featured status) behaal.

Stap vir stap-begeleiding

[wysig bron]
  1. Snuffel deur die bestaande spogbeelde van die Wikimedia Commons of nomineer 'n beeld vir spogstatus (dis ook moontlik om ander se nominasies te ondersteun).
  2. Indien die beeld teks in ander tale as Afrikaans bevat, vertaal dit asseblief voor dit op die voorblad geplaas word.
  3. Soek 'n artikel wat die onderwerp van die beeld deel, berghaan vir 'n prentjie van 'n berghaan, of amfibie vir 'n prentjie van 'n padda.
  4. Voeg die beeld by die volgende beskikbare sjabloon (deur op die rooi skakel te kliek), met 'n kort beskrywing, insluitende skakels na relevante artikels. Volg die formaat van die vorige sjablone!
  5. Onthou om erkenning aan die outeur te gee, selfs al word dit nie deur hom/haar vereis nie.

Hierdie is die argief van al die beelde wat tydens 2026 as spogbeelde op die voorblad gepryk het.

Week 1 Takahashi Shotei: Sneeu op die Ayase-rivier. Afdruk van 'n houtsnee uit 1915 in die Amsterdamse Rijksmuseum.


besigtig


Week 2 'n Deur wind en weer gevormde ysberg naby die Antarktiese Skiereiland.


besigtig


Week 3 Die Vasabron (Vasa-brug) oor die Norrström in Stockholm, met die Stockholmse Stadshuset (stadsaal) in die agtergrond. Die Norrström verbind die Mälarmeer met die Oossee.


besigtig


Week 4 'n Stormbandpikkewyn (Pygoscelis antarcticus) op Deception-eiland in Antarktika.


besigtig


Week 5 Die uitbarstingskolom van die vulkaniese uitbarsting in Tonga, soos afgeneem vanaf die Internasionale Ruimtestasie op 16 Januarie 2022.


besigtig


Week 6 'n Jong luiperdwyfie (Panthera pardus pardus) in die Krugerwildtuin in Suid-Afrika.


besigtig


Week 7 'n Finnair Airbus A319-112 OH-LVL land by Helsinki-Vantaa-lughawe in sneeutoestande op 24 Februarie 2017.


besigtig


Week 8 Die Sh 2-113-newel in die sterrebeeld Swaan.


besigtig


Week 9 Die Romeinse brug oor die Moesel in Trier, Duitsland.


besigtig


Week 10 Die allerheiligste binne-in die Groot Tempel van Ramses II by Aboe Simbel, Egipte.


besigtig


Week 11 Twee kinders tydens die Holi-fees in Bangladesj, 2018.


besigtig


Week 12 'n Ekwivalente reghoekige 360x180-graadaansig van die koor in die St. Patrick's Cathedral-skip in Dublin, Ierland. Op 17 Maart word Sint Patricksdag gevier.


besigtig


Week 13 'n Koninklike engelvis (Pygoplites diacanthus) in die Ras-Mohammed- Nasionale Park, Rooisee, Egipte.


besigtig


Week 14 Sandduine in die Thar-woestyn, Indië.


besigtig


Week 15 La Lupa Capitolina ("Die Kapitolynse Wolvin"). Volgens tradisionele geleerdes is die wolffiguur Etruskies en dateer dit van die 5de eeu v.C. Die figure van Romulus en Remus is in die 15de eeu n.C. deur die Italiaanse kunstenaar Antonio Pollaiuolo bygevoeg. Onlangse studies toon die wolvin is dalk ’n Middeleeuse werk uit die 13de eeu n.C. Die byvoeging van die twee figure verduidelik die langdurige aard van die mite.


besigtig


Week 16 Rapanui-rots tydens sononder, Sumner, Christchurch, Nieu-Seeland.


besigtig


Week 17 Die Taj Mahal in Agra, Indië, is een van die bekendste bakens van die Mogolryk.


besigtig


Week 18 Die Euganese Heuwels in die Italiaanse administratiewe streek Veneto.


besigtig


Week 19 'n Eendbekdier (Ornithorhynchus anatinus) in Tasmanië, Australië.


besigtig


Week 20 Ontwikkelende blomknoppe van 'n Crocosmia × crocosmiiflora, saamgestel uit 54 foto's.


besigtig


Week 21 'n Jaguarwyfie (Panthera onca) in die Brasiliaanse deelstaat Mato Grosso.


besigtig


Week 22 Die klooster Lehnin naby die gelyknamige nedersetting in die Duitse deelstaat Brandenburg was 'n beduidende Sistersiënser-abdy in die styl van die Noord-Duitse baksteengotiek wat in 1180 gestig is.


besigtig


Week 23 Wierookstokkies word in Quang Phu Cau, Viëtnam, opgestel om te droog.


besigtig


Week 24 'n Mundari-man poleer die horings van een van sy Watusi-koeie met 'n mengsel van koei-urine en as as 'n rituele en beskermende praktyk in 'n tydelike beeskamp in Terekeka, Suid-Soedan.


besigtig


Week 25 Skade aan residensiële geboue in die Rimal-woonbuurt van Gasa-stad, veroorsaak deur 'n Israeliese lugaanval op 9 Oktober 2023 tydens die Israel-Hamas-oorlog, twee dae ná die Hamas se grootskaalse aanval op Israeliese burgerlikes naby die Gasastrook.


besigtig


Week 26 'n Uitsig oor die Italiaanse stad Florence teen sononder.


besigtig


Week 27 'n Kleinriethaan (Porzana pusilla) in Baruipur, Wes-Bengale, Indië.


besigtig


Week 28 'n Oostelike sjimpansee (Pan troglodytes schweinfurthii) eet aan 'n besemtrosvy (Ficus sur) in die Kibale- Nasionale Park, Uganda.


besigtig


Week 29 Louis Armstrong speel trompet, foto geneem in 1947 deur Harry Warnecke en Gus Schoenbaechler.


besigtig


Week 30 Wikipedia:Voorbladbeeld week 30 2026
besigtig


Week 31 Wikipedia:Voorbladbeeld week 31 2026
besigtig


Week 32 Wikipedia:Voorbladbeeld week 32 2026
besigtig


Week 33 Wikipedia:Voorbladbeeld week 33 2026
besigtig


Week 34 Wikipedia:Voorbladbeeld week 34 2026
besigtig


Week 35 Wikipedia:Voorbladbeeld week 35 2026
besigtig


Week 36 Wikipedia:Voorbladbeeld week 36 2026
besigtig


Week 37 Wikipedia:Voorbladbeeld week 37 2026
besigtig


Week 38 Wikipedia:Voorbladbeeld week 38 2026
besigtig


Week 39 Wikipedia:Voorbladbeeld week 39 2026
besigtig


Week 40 Wikipedia:Voorbladbeeld week 40 2026
besigtig


Week 41 Wikipedia:Voorbladbeeld week 41 2026
besigtig


Week 42 Wikipedia:Voorbladbeeld week 42 2026
besigtig


Week 43 Wikipedia:Voorbladbeeld week 43 2026
besigtig


Week 44 Wikipedia:Voorbladbeeld week 44 2026
besigtig


Week 45 Wikipedia:Voorbladbeeld week 45 2026
besigtig


Week 46 Wikipedia:Voorbladbeeld week 46 2026
besigtig


Week 47 Wikipedia:Voorbladbeeld week 47 2026
besigtig


Week 48 Wikipedia:Voorbladbeeld week 48 2026
besigtig


Week 49 Wikipedia:Voorbladbeeld week 49 2026
besigtig


Week 50 Wikipedia:Voorbladbeeld week 50 2026
besigtig


Week 51 Wikipedia:Voorbladbeeld week 51 2026
besigtig


Week 52 Wikipedia:Voorbladbeeld week 52 2026
besigtig