Portaal:Sport
Wikipedia-portale: Antieke Egipte · Biologie · Chemie · Fisika · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Griekse mitologie · Katte · Krieket · Letterkunde · Musiek · Rugby · Rusland · Skryfstelsels · Sport · Sterrekunde · Tale · Turkye · Vlae en wapens
![]() Welkom by Wikipedia se portaal vir sport. Sport is 'n fisieke (byvoorbeeld rugby) of denkspel (byvoorbeeld skaak) wat in kompetisieverband gespeel kan word. Sport kan ook vir ontspanning beoefen word. Alle sporte het reëls wat nagekom moet word. Die beoefening van sport kan mens aktief en gesond hou, vandaar die slagspreuk: 'n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. |
Uitgesoekte artikel
Krieket is ’n boul-en-kolf-, asook spansport wat gespeel word tussen twee spanne met elf spelers elk op ’n krieketveld met ’n 22-jaart-kolfblad (20 meter) in die middel met paaltjies aan weerskante wat bestaan uit twee dwarsbalkies op drie houtpenne. Twee spelers van die kolfspan, die aktiewe en onaktiewe kolwer, staan elk met ’n kolf in hulle hande voor elke paaltjie, terwyl ’n speler van die veldwerkspan, die bouler, die bal van die teenoorliggende kant van die kolfblad na die aktiewe kolwer se paaltjies boul. Die aktiewe kolwer probeer die geboulde bal met sy kolf slaan en ruil dan sy plek met die onaktiewe kolwer om, waarby die kolfspan met elkeen van dié bewegings ’n lopie aanteken. Lopies word ook aangeteken wanneer die bal die veldgrens raak of wanneer die bal onwettig geboul word.
Die veldwerkerspan probeer lopies voorkom deur die kolwers uit te skakel (hulle is “uit”, hulle het hul paaltjies verloor). ’n Uitskakeling kan op verskeie maniere behaal word, waaronder uitgeboul, wanneer ’n geboulde bal ’n paaltjie tref en die dwarsbalkies afval, wanneer die veldwerkspan ’n geslane bal vang voordat dit die grond raak, of om die paaltjies met ’n bal te tref voordat ’n kolwer sy kolfkampie voor die paaltjies bereik het om ’n lopie aan te teken. Sodra tien kolwers uitgehaal is, eindig die kolfbeurt en die spanne verander van rolle. Tradisioneel speel krieketspelers in ’n volledige wit uitrusting, maar in korter formate dra hulle klub- of spankleure. Bykomend tot die gewone uitrusting dra sommige spelers beskermende uitrusting om moontlike beserings te verhoed deur die bal, ’n harde, soliede sferoïed, gemaak van saamgeperste leer met ’n effens verhewe toegewerkte naat uit ’n styf gewikkelde tou wat ’n kurkkern omsluit. Die wedstryd word deur twee skeidsregters beheer, ondersteun deur ’n derde skeidsregter en ’n wedstrydbeampte in internasionale wedstryde. Krieketformate sluit in tradisionele toetswedstryde wat oor vyf dae gespeel word, internasionale eendagwedstryde (EDI) oor 50 boulbeurte oftewel een dag, tot Twintig20 (T20), met elke span wat vir 20 boulbeurte kolf (elke boulbeurt bestaan uit ses wettiglik geboulde balle wat die kolfspan die geleentheid bied om lopies aan te teken) en ’n wedstryd wat gewoonlik drie uur neem.
Die vroegste bekende verwysing na krieket dateer uit die middel-16de eeu in Suidoos-Engeland. Dit het met die uitbreiding van die Britse Ryk wêreldwyd versprei, met die eerste internasionale wedstryde wat in die tweede helfte van die 19de eeu gespeel is. Die sport se beheerliggaam is die Internasionale Krieketraad (IKR), wat in 1909 gestig is en nou meer as ’n 100 lede het, waarvan twaalf volle lede toetswedstryde mag speel. Die speelreëls, die krieketwette, word deur die Marylebone-krieketklub (MKK) in Londen behartig. Die sport is veral in Suid-Asië, Australasië, die Verenigde Koninkryk, Suider-Afrika en Wes-Indië gewild. Krieketwêreldbekertoernooie is van die gewildste sportkompetisies wêreldwyd en word in die EDI-vorm gespeel, maar ook T20I-wêreldbekertoernooie en Kampioenetrofeë geniet ’n groot ondersteuning. Hoewel krieket in die verlede veral deur mans beoefen is, het vrouekrieket in die 21ste eeu aansienlik gegroei met beide Vrouekrieketwêreldbeker- en T20I-vrouewêreldbekertoernooie wat nou ook groot skare lok.
Voorbladartikels
Voorbladartikels in Sport


Amper klaar
Ander artikels


Amper klaar
Ander artikels
Afghaanse nasionale krieketspan - All Blacks - Fernando Alonso - Argentynse nasionale rugbyspan - Australiese nasionale krieketspan - Belgiese nasionale rugbyspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Bermudaanse nasionale krieketspan - Brasiliaanse nasionale rugbyspan - Britse en Ierse Leeus - Jenson Button - Chileense nasionale rugbyspan - David Coulthard - Duitse nasionale krieketspan - Duitse nasionale rugbyspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Roger Federer - Fidjiaanse nasionale rugbyspan - Franse nasionale rugbyspan - Pierre Gasly - Georgiese nasionale rugbyspan - Lewis Hamilton - Hongkongse nasionale krieketspan - Hongkongse nasionale rugbyspan - Ierse nasionale krieketspan - Ierse nasionale rugbyspan - Indiese nasionale krieketspan - Italiaanse nasionale rugbyspan - Ivoriaanse nasionale rugbyspan - Japannese nasionale rugbyspan - Kanadese nasionale krieketspan - Kanadese nasionale rugbyspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Keniaanse nasionale rugbyspan - Koreaanse nasionale rugbyspan - Krieket - Krieketwêreldbeker 2003 - Krieketwêreldbeker 2007 - Krieketwêreldbeker 2011 - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Krieketwêreldbeker 2023 - Niki Lauda - Namibiese nasionale krieketspan - Namibiese nasionale rugbyspan - Nederlandse nasionale krieketspan - Nederlandse nasionale rugbyspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Omaanse nasionale krieketspan - Pakistanse nasionale krieketspan - Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan - Paralimpiese Somerspele 2008 - Nelson Piquet - Portugese nasionale rugbyspan - Proteas - Roemeense nasionale rugbyspan - Rugby - Rugbywêreldbeker 2003 - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Rugbywêreldbeker 2015 - Rugbywêreldbeker 2019 - Rugbywêreldbeker 2023 - Samoaanse nasionale rugbyspan - Skaak - Skotse nasionale krieketspan - Skotse nasionale rugbyspan - Spaanse nasionale rugbyspan - Springbokke - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - T20I-wêreldbeker 2016 - T20I-wêreldbeker 2021 - T20I-wêreldbeker 2022 - T20I-wêreldbeker 2024 - Tafeltennis - Tongaanse nasionale rugbyspan - Ugandese nasionale krieketspan - Uruguaanse nasionale rugbyspan - Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale rugbyspan - Wallabies - Walliese nasionale rugbyspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale rugbyspan
Algemeen
Vir elke sportsoort is daar 'n beheerliggaam (op nasionale vlak). Die plaaslike, nasionale en internasionale beheerliggame is verantwoordelik vir al die tegniese vrae en beheer die toernooistelsel. Langs die professionele bestuur is die sportklubs ook streeksgebonde in die plaaslike beheerliggame. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) is die beheerliggaam van alle sportsoorte van Suid-Afrika en koördineer die verhouding met verskeie internasionale sportfederasies.
Aanhalings
Uitgesoekte span
Die Ivoriaanse nasionale rugbyspan (Frans: Équipe de Côte d'Ivoire de rugby à XV) is die nasionale rugbyspan wat Ivoorkus (Côte d’Ivoire) in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Les Éléphants (“die olifante”), genoem na die Afrika-olifant (Loxodonta africana), Ivoorkus se wapendier. Rugby word in Ivoorkus geadministreer deur die Ivoriaanse Rugbyfederasie (Fédération ivoirienne de rugby, FIR) wat in 1961 gestig is. Ivoorkus word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Ivoriaanse rugbyspan is tans (Junie 2026) 69ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Saam met Kenia en Zimbabwe is Ivoorkus tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikarugbyspanne na die Suid-Afrikaanse Springbokke en die Namibiese Welwitschias.
Rugby in Ivoorkus dateer uit die Franse koloniale tydperk en word sedertdien sterk deur die voormalige koloniale mag beïnvloed. Ivoorkus het in 1990 sy eerste toetswedstryd teen Zimbabwe gespeel. Die span het tydens die Afrikabeker nog geen titel ingepalm nie en een keer in die vierde plek geëindig. Hulle kon vir een rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer, maar hulle het tydens die 1995-toernooi al hul groepwedstryde verloor. Die Ivoriaanse span speel tradisioneel in oranje truie met wit broeke en groen sokkies – wat aan die kleure van die vlag van Ivoorkus ontleen is.
Uitgesoekte sportsoort
Skaak (Persies: šāh, van Schah, d.i. ‚Koning‘ – dus die naam „die koninklike spel“) is 'n strategiese bordspel vir twee spelers. Die huidige vorm van die spel het in suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong. Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel.
Skaak word gespeel op 'n vierkantige bord wat verdeel is in agt rye en agt kolomme, met 64 indiwiduele blokkies wat tradisioneel lig en donker gekleur is. Elke speler het 16 stukke, wat bestaan uit agt pionne, twee torings, twee lopers, twee ruiters, een dame en een koning. Elke stuk skuif op sy eie manier. Die twee kante word onderskei deur kontrasterende kleure. Die doel van die spel is om die koning van die opponent in skaakmat te plaas.
Georganiseerde skaakkompetisies het in die 16de eeu begin en het sedertdien aansienlik ontwikkel. Alhoewel dit nie 'n Olimpiese sport is nie, word skaak wel deur die Internasionale Olimpiese Komitee as 'n sport erken. Die eerste amptelike Wêreldskaakkampioen, Wilhelm Steinitz, het sy titel in 1886 verwerf. Die huidige wêreldkampioen is Magnus Carlsen van Noorweë. Teoretici het sedert die spel se ontstaan uitgebreide skaakstrategieë en taktiek ontwikkel.
Een van die doelstellings van vroeë rekenaarwetenskaplikes was om 'n skaakprogram te ontwikkel. Hedendaagse skaak word sterk beïnvloed deur die vermoëns van skaakprogramme en die vermoë om aanlyn teen ander spelers te speel. In 1997 het Deep Blue die eerste rekenaar geword om 'n heersende skaakkampioen te verslaan in 'n wedstryd waarin dit teen Garri Kasparof gewen het.
Die woord skaak kom van die Persiese woord sjah, wat koning beteken. Ook die woord mat is Persies en beteken hulpeloos.
Sportnuus

- Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 duur voort met uitklopwedstryde in verskeie stede van Kanada, Meksiko en die Verenigde State, die drie gasheerlande.
- In die eindstryd van die T20I-vrouewêreldbeker 2026 op Lord’s in Londen verslaan Australië vir die gasvroue Engeland met sewe paaltjies en palm sodoende sy sewende T20I-vrouewêreldbekertitel in. Suid-Afrika en Wes-Indië was die ander twee semi-finaliste.
- Die Internasionale Krieketraad het die Krieketwêreldbeker 2027 se datums bekend gemaak; dié toernooi sal op 4 Oktober begin en die eindstryd sal ná sewe weke se wedstryde op 21 November op Wanderers in Johannesburg beslis word.
- Twee maande ná die Afrikanasiesbeker 2025-eindstryd, wat oorspronklik deur Senegal gewen is, het die CAF die titel aan Marokko toegeken.
- Frankryk wen tydens die Sesnasies-toernooi in 2026 hul 28ste titel algeheel, terwyl Portugal tydens die Europese Rugbykampioenskap hul tweede titel inpalm.
Uitgesoekte biografie
David Marshall Coulthard, MBE (* 27 Maart 1971 in Twynholm, Skotland), met die bynaam "DC", is 'n voormalige Britse Formule Een-renjaer en TV-kommentator. Coulthard het 13 Grands Prix oor 15 seisoene (van 1994 tot 2008) gewen en was die naaswenner in die 2001 Formule Een-wêreldbestuurderskampioenskap, terwyl hy vir McLaren gejaag het.
Coulthard is in Skotland gebore en getoë, en het op 11-jarige ouderdom begin kartry en vroeë sukses behaal voordat hy tot motorrenne in die Britse Formule Ford-kampioenskap en die Formule 3000-reeks gevorder het. Hy het die eerste keer in Formule Een vir Williams in die 1994-seisoen gery en die oorlede Ayrton Senna opgevolg. Die volgende jaar het hy sy eerste Grand Prix in Portugal gewen, en toe vir die 1996-seisoen verskuif na McLaren. Nadat hy twee wedrenne in die 1997-seisoen gewen het, het hy in die 1998-seisoen derde geëindig in die Wêreldjaerskampioenskap.
Hy het vyf wedrenne gedurende 1999 en 2000 gewen voordat hy tweede geëindig het in die bestuurderskampioenskap na Michael Schumacher in 2001. Nog twee oorwinnings het tussen 2002 en 2003 gevolg voordat hy McLaren aan die einde van 2004 verlaat het. Hy het in 2005 na Red Bull verskuif en 'n jaar later hul eerste podium verseker. Coulthard het aan die einde van 2008 uit Formule Een getree, nadat hy 13 oorwinnings, 12 voorwegspronge, 18 vinnigste rondtes en 62 podiums behaal het.
Nadat hy uit Formule Een getree het, het Coulthard voortgegaan om saam met Red Bull as konsultant te werk en by die BBC aangesluit as kommentator en kenner vir hul dekking van Formule Een. Hy het in 2010 na aktiewe motorsport teruggekeer en by Mücke Motorsport in DTM aangesluit en aan die einde van 2012 uitgetree. Coulthard het ook aan die Race of Champions deelgeneem, in 2008 as naaswenner in die Bestuurdersbeker geëindig en die kompetisie in 2014 en 2018 gewen. Sedert 2016 werk hy as kommentator en ontleder vir Channel 4 nadat hulle die BBC se terrestriële televisieregte oorgeneem het. In 2022 het hy by die Nordiese stroomdiens Viaplay aangesluit. Daar verskyn hy tydens Formule Een-rennaweke as verslaggewer en kundige kommentator saam met Mika Häkkinen en Tom Kristensen.
In 2019 is hy verkies tot president van die British Racing Drivers' Club (eienaar van die Silverstone-renbaan).
Het u geweet...
...dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die Olimpiese Somerspele, Sokker-Wêreldbekertoernooie, Krieketwêreldbekertoernooie, Rugbywêreldbekertoernooie en Formule Een is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.
...dat ’n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as ’n sport in Suid-Afrika.
...dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan ’n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.
...dat die doelhok in sokker 2,44 meter hoog en 7,32 meter wyd is?
...dat daar in toetskrieket sedert 1877 slegs twee gelykopuitslae was en die Australiese nasionale span in albei gespeel het?
Uitgesoekte beeld
Juuso Pykälistö van Finland in sy Peugeot 206 WRC tydens die 2003 Sweedse Tydren.
Sport in hierdie jaar


Sport in 2026 – van die hoogtepunte sluit in die Wêreldtoetskampioenskap, die Sesnasies-toernooi, die o/19-krieketwêreldbeker, die Olimpiese Winterspele 2026, die Europese Rugbykampioenskap, die Paralimpiese Winterspele 2026, die T20I-wêreldbeker 2026, die Stille Oseaan-vierreeks, die Sesnasies-vrouetoernooi, die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026, die T20I-vrouewêreldbeker 2026, die Amerikas Rugbykampioenskap en die T20I-wêreldbeker 2028-kwalifisering.
- 5 Februarie–14 Maart – Frankryk wen tydens die Sesnasies-toernooi hul 28ste titel algeheel.
- 6 Februarie – Indië wen die eindstryd van die o/19-krieketwêreldbeker teen Engeland met 100 lopies en palm sodoende hul sesde titel in. Afghanistan en Australië was die ander twee semi-finaliste.
- 6–20 Februarie – Die 25ste Olimpiese Winterspele word in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied.
- 7 Februarie–15 Maart – Portugal wen tydens die Europese Rugbykampioenskap hul tweede titel.
- 4–13 Maart – Die 14de Paralimpiese Winterspele word in Milaan en Cortina d'Ampezzo gehou.
- 8 Maart – Indië wen die eindstryd van die tiende T20I-wêreldbeker met 96 lopies teen Nieu-Seeland en palm sodoende hul derde titel in. Engeland en Suid-Afrika was die ander twee semi-finaliste.
- 11–25 April – Die Stille Oseaan-vierreeks word tussen Australië, Kanada, Nieu-Seeland en die Verenigde State beslis.
- 11 April–17 Mei – Die Sesnasies-vrouetoernooi word tussen Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis beslis.
- 11 Junie–19 Julie – Die 23ste Sokker-Wêreldkampioenskap word in Kanada, Meksiko en die Verenigde State aangebied
- 12 Junie–5 Julie – Die tiende T20I-vrouewêreldbeker word in Engeland aangebied.
- 9–17 Oktober – Die Amerikas Rugbykampioenskap word tussen Argentinië, Brasilië, Chili, Paraguay, Uruguay en die Verenigde State beslis.
Sport volgens jaar
2000 •
2001 •
2002 •
2003 •
2004
2005 •
2006 •
2007 •
2008 •
2009
2010 •
2011 •
2012 •
2013 •
2014
2015 •
2016 •
2017 •
2018 •
2019
2020 •
2021 •
2022 •
2023 •
2024
2025 •
2026 •
2027 •
2028 •
2029
Verwante portale
Kategorieë
Ontdek...
Armdruk • Atletiek • Padwedloop • Basketbal • Bofbal • Boks • Ysskaats • Boogskiet • Driekamp • Duik • Fietsry • Ballet • Gewigoptel • Gesinchroniseerde swem • Gholf • Gimnastiek • Handbal • Hokkie • Jag • Judo • Kanovaart • Karate • Kegelbal • Krieket • Motorsport • Muurbal • Netbal • Pluimbal • Roei • Rolbal • Rolstoelrugby • Rugby • Ruitersport • Sagtebal • Seil • Skaak • Skerm • Ski • Skyfskiet • Sneeuplankry • Sokker • Stoei • Swem • Tafeltennis • Taekwondo • Tennis • Vlugbal • Waterpolo

