Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Maandag, 13 Julie 2026
Hier is tans 129 790 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel

David Marshall Coulthard, MBE (* 27 Maart 1971 in Twynholm, Skotland), met die bynaam "DC", is 'n voormalige Britse Formule Een-renjaer en TV-kommentator. Coulthard het 13 Grands Prix oor 15 seisoene (van 1994 tot 2008) gewen en was die naaswenner in die 2001 Formule Een-wêreldbestuurderskampioenskap, terwyl hy vir McLaren gejaag het.

Coulthard is in Skotland gebore en getoë, en het op 11-jarige ouderdom begin kartry en vroeë sukses behaal voordat hy tot motorrenne in die Britse Formule Ford-kampioenskap en die Formule 3000-reeks gevorder het. Hy het die eerste keer in Formule Een vir Williams in die 1994-seisoen gery en die oorlede Ayrton Senna opgevolg. Die volgende jaar het hy sy eerste Grand Prix in Portugal gewen, en toe vir die 1996-seisoen verskuif na McLaren. Nadat hy twee wedrenne in die 1997-seisoen gewen het, het hy in die 1998-seisoen derde geëindig in die Wêreldjaerskampioenskap.

Hy het vyf wedrenne gedurende 1999 en 2000 gewen voordat hy tweede geëindig het in die bestuurderskampioenskap na Michael Schumacher in 2001. Nog twee oorwinnings het tussen 2002 en 2003 gevolg voordat hy McLaren aan die einde van 2004 verlaat het. Hy het in 2005 na Red Bull verskuif en 'n jaar later hul eerste podium verseker. Coulthard het aan die einde van 2008 uit Formule Een getree, nadat hy 13 oorwinnings, 12 voorwegspronge, 18 vinnigste rondtes en 62 podiums behaal het.

Nadat hy uit Formule Een getree het, het Coulthard voortgegaan om saam met Red Bull as konsultant te werk en by die BBC aangesluit as kommentator en kenner vir hul dekking van Formule Een. Hy het in 2010 na aktiewe motorsport teruggekeer en by Mücke Motorsport in DTM aangesluit en aan die einde van 2012 uitgetree. Coulthard het ook aan die Race of Champions deelgeneem, in 2008 as naaswenner in die Bestuurdersbeker geëindig en die kompetisie in 2014 en 2018 gewen. Sedert 2016 werk hy as kommentator en ontleder vir Channel 4 nadat hulle die BBC se terrestriële televisieregte oorgeneem het. In 2022 het hy by die Nordiese stroomdiens Viaplay aangesluit. Daar verskyn hy tydens Formule Een-rennaweke as verslaggewer en kundige kommentator saam met Mika Häkkinen en Tom Kristensen.

In 2019 is hy verkies tot president van die British Racing Drivers' Club (eienaar van die Silverstone-renbaan).

...lees verder

In die nuus
Keir Starmer in 2024
Keir Starmer in 2024

Het u geweet...

... dat die bedryfstelsel Debian na sy ontwikkelaar en dié se meisie vernoem is? Ian Murdock het dit na hom en sy vriendin Debra vernoem.

... dat mens artikels kan soek volgens die eerste letters van die artikelnaam? By die Voorvoegselindeks kan mens byvoorbeeld "ek" intik en alle artikelname wat met "ek" begin, opspoor.

... dat water nie altyd by 100° Celsius kook nie? Hoe hoër bo seevlak 'n persoon is, hoe laer die kookpunt.

... dat Clarens in die Oos-Vrystaat vernoem is na Clarens, die noordwestelike stadswyk in Montreux, Switserland, waar president Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek oorlede is?

... dat Baldwinstraat in North East Valley, Nieu-Seeland volgens die Guinness Wêreldrekords die steilste straat ter wêreld is?

Vandag in die geskiedenis

13 Julie: Staatskapdag in Montenegro (1848).

Daniël François Malan
Daniël François Malan

Voorbladbeeld
Louis Armstrong speel trompet, foto geneem in 1947 deur Harry Warnecke en Gus Schoenbaechler.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering